Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
2de vlaag spoel Life Healthcare se wins weg

Die tweede vlaag van Covid-19-infeksies het die hospitaalgroep Life Healthcare se sake in die kwartaal tot einde Desember geknou.

Volgens Life Healthcare is Desember se sake beïnvloed deur die tweede vlaag omdat die hospitale eers beplande operasies beperk het en toe vrywillig gestop het om die toename in Covid-19-pasiënte te hanteer.

Die hospitaalgroep, wat ook oorsee bedrywig is, het in ’n handelsoorsig oor die eerste kwartaal van sy nuwe boekjaar getoon sy inkomste het met 1% gedaal en sy bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering met 34%.

In die ooreenstemmende kwartaal van 2019 was daar nog nie ’n pandemie nie.

Vergeleke met die laaste kwartaal van sy boekjaar, die kwartaal tot einde September 2020, het sake wel kop opgetel. Die inkomste het kwartaal op kwartaal met 6% gestyg en die bedryfswins met 78%.

“Die sake in die eerste kwartaal van die nuwe boekjaar is deur die tweede vlaag geraak, maar het ’n goeie verbetering getoon vergeleke met die derde en vierde kwartaal van die boekjaar tot einde September.”

Die totale betaalde pasiëntdae het aanhou styg in Oktober en November na onderskeidelike 58% en 60% van wat dit in die ooreenstemmende tydperk was. In September was dit nog 53%.

Dit is hofsaaklik gelig deur die toename in beplande operasies.

Die minute in operasieteaters het in Oktober en November 90% beloop van die vorige jaar dieselfde tyd. Dit het 10% van September s’n af gestyg.

Reg vir entstof

Life Healthcare sê hy het ’n entstoftaakspan opgerig wat ’n omvattende bedryfsplan vir die inenting van personeel, dokters, verwante gesondheidswerkers en ander sleutelpersone in sy Suid-Afrikaanse bedrywighede opgestel het. Die plan is opgestel in afwagting op die aankoms van die entstof.

“Die taakspan sal voortgaan om in noue samewerking met alle nodige eksterne partye, belanghebbendes en die owerhede te werk.”

Nadat landwye inentingsprogramme in Brittanje en Europa goedgekeur is en begin het, het reeds 450 (25%) personeellede van Alliance Medical hul eerste dosis van die entstof ontvang.

Die besettingsyfer (hoe vol die hospitaal is) is in die twee maande negatief beïnvloed deur die stadige terugkeer van mediese gevalle (opnames vir siektes).

Volgens Life Healthcare is Desember se sake beïnvloed deur die tweede vlaag omdat die hospitale eers beplande operasies beperk het en toe vrywillig gestop het om die toename in Covid-19-pasiënte te hanteer.

Die besettingsyfer vir Desember – wat gewoonlik ’n stil tyd is – het 55% beloop vergeleke met 54,8% in Desember 2019 weens ’n toename in opnames vir Covid-19.

Die styging in inkomste in Suider-Afrika vergeleke met die vorige kwartaal hou verband met die toename in operasies in Oktober en November en die toename in opnames vir Covid-19 in Desember.

Die styging in die bedryfswins vergeleke met die vorige kwartaal word toegeskryf in dié toename in sake, asook die meer doeltreffende bestuur van onderliggende koste binne die Covid-19-omgewing.

“Die hoër bedryfskoste verbonde aan die behandeling van Covid-19-pasiënte, asook die laer besettingsyfer vergeleke met die vorige jaar, het steeds ’n negatiewe impak op die bedryfswins.”

Internasionale bedrywighede

Sy internasionale bedrywighede het in die eerste kwartaal van die boekjaar inkomste met 13% verhoog en bedryfswins met 37% vergeleke met dieselfde tydperk in die vorige boekjaar.

Dié sterk vertoning is toegeskryf aan ’n agterstand wat ingehaal is wat ontstaan het met die aanvanklike inperking.

Ingesluit die internasionale inkomste het die groep se inkomste 5% in die eerste kwartaal gestyg.

Die bedryfswins het steeds met 15% gedaal.

“Die tweede vlaag van Covid-19 hou oor die wêreld heen ’n beduidende uitdaging vir die groep in.”

Die groep sê tot dusver is 23 000 pasiënte vir Covid-19 behandel met meer pasiënte wat in die tweede as die eerste een opgeneem is.

“Die groep het die omvattende lesse wat met die eerste vlaag geleer is in die tweede vlaag toegepas ten opsigte van die behandeling, die spoed van interne besluitneming, kostebestuur en die kontantbewaringsprogramme.”

Nog net 20 staatspasiënte is in sy hospitale behandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.