Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
3 dae van ‘Ultimate’-winskope op Takelot, Superbalist

Hoekom wag tot Swart Vrydag in November om ’n groot winskopiedag aan te bied, het die aanlyn winkels Takealot en Superbalist besluit.

Die winkels het gesê hulle stel nou ’n nuwe “winskopiedag” – die Ultimate Checkout Sale – van 24 tot 26 Julie bekend.

Ter illustrasie.

Kim Reid, uitvoerende hoof van Takealot, sê in ’n verklaring dit is die begin van die Suid-Afrikaanse weergawe van groot inkopiedae soos wat in Amerika, China en Indië gehou word.

“Die groei wat jaarliks met Swart Vrydag gesien word, is ’n baie goeie aanduiding van die aptyt vir groot inkopiedae in Suid-Afrika,” sê Reid.

Volgens hom gaan dit soortgelyk wees aan die reuse-inkopiedae van Amazon se Prime Day, Alibaba se Singles Day en Flipkart se Big Billion Days oorsee.

Reid sê die Ultimate Checkout gaan op klante se koopgedrag gegrond wees soos elektronies op Takealot se webtuiste gemeet word.

Dit word gegrond op ’n ontleding van die gedrag en tendense van meer as 1,7 miljoen klante wat by Takealot en Superbalist koop.

Wat gaan aangebied word?

Die produkte wat die beste resensies kry; waarna die meeste gesoek word en wat op die meeste klante se wenslysies op die twee webwerwe verskyn, sal teen winskopiepryse aangebied word.

Van die produkte wat die beste resensies op Takealot kry, is die Xiaomi Mi TV Box, Essence Make-up Mystery Box, Fitbit Flex 2, Dometic Compressor Fridge/Freezer Bundle en die Russell Hobbs-drukkoker.

  • Van die produkte wat die beste resensies op Superbalist kry, is Hugo Boss Fragrances, Levi’s 501 Original Jeans, Sixth Floor Vintage Rug, Superbalist Wide Leg Dungarees en Asics Curreo II Sneakers.
  • Die produkte waarna die meeste op Takealot gesoek word, is die DStv Explora, Philips Wet/Dry Shaver, Huggies Gold, Montego Dog Food en Issey Miyake Pleats Please.
  • Dit waarna die meeste op Superbalist gesoek word, is Nike Air Force, Fossil Watches, Vans Old Skool, Sixth Floor Iron Round Mirror, G-Star Raw T-Shirts en Adidas Stan Smith.
  • Die produkte wat die meeste op wenslysies by Takealot verskyn, is Seagate Portable Drive 1TB, Alva Gas Heater, Marvel’s Spider Man (PS4), The Alchemist en die Nerf N-Strike Mega DoubleBreach Blaster.
  • Die produkte wat op die meeste wenslysies van Superbalist verskyn, is Cotton On Mini Dress, Missguided Square Neck Dress, Calvin Klein CK Truth Fragrance en Fujifilm Instax Mini.

Wanneer vind dit plaas?

Die Ultimate Checkout Sale is oor drie dae en begin op 24 Julie ’n minuut ná middernag.

  • 24 Julie: Spesiale pryse op die produkte wat die beste resensies (meeste sterre) kry.
  • 25 Julie: Spesiale pryse op die produkte waarna die meeste soektogte plaasvind, sowel as dié wat die beste graderings kry.
  • 26 Julie: Spesiale pryse op die produkte wat die meeste op wenslysies verskyn; die meeste voor gesoek word en die beste resensies kry.
Sóveel wenslysies en soektogte:
  • Meer as 80 000 produkte word elke dag op wenslysies geplaas.
  • Meer as 15 miljoen soektogte vind elke maand plaas.

Klante wat oor die drie dae by die twee winkelgroepe koop, kan ook koopbewyse wen.

  • Takealot, Superbalist en Netwerk24 is deel van Naspers.

Meer oor:  Superbalist  |  Takealot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.