Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
3 Iqbal Survé-firmas oor manipulasie ondersoek

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het in Desember met ondersoeke oor die beweerde manipulasie van aandeelpryse by die maatskappye Ayo en African Equity Empowerment Investments (AEEI) begin.

Dr. Iqbal Survé, voorsitter van Independent Media, is deur familietrusts ’n groot aandeelhouer in Ayo en AEEI.

Dit is van die nuwe ondersoeke op die FSCA se lys wat elke drie maande uitgestuur word.

Die Kaapse sakeman dr. Iqbal Survé se familie is die grootste aandeelhouer in sowel Ayo as AEEI.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het in Desember 2017 R4,3 miljard in die onbekende, nuutgestigte Ayo belê.

Sedert einde 2017 is Ayo meer in die nuus oor die omstredenheid waarin die belegging gehul is as enigiets anders.

Nog opspraakwekkende onthullings vind die afgelope ruk by die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK plaas, soos dat dié belegging gedoen is sonder ’n behoorlike noulettendheidsondersoek.

Teen einde Februarie het die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) die OBK opdrag gegee om die R4,3 miljard met rente van Ayo te probeer terugkry.

Markmanipulasie sluit allerhande metodes in wat aandeelpryse kunsmatig laat daal of styg deur die normale vraag en aanbod na aandele of ander sekuriteite te verwring.

Daar was vrae oor of die aandeelprys van R43 waarteen die OBK gekoop het, die maatskappy oorgewaardeer het. Die aandeelprys is nou op R16,75.

AEEI hou ook ’n belang in Ayo.

Nog ’n nuwe maatskappy op die lys van moontlike markmanipulasie is Premier Fishing and Brands, ’n filiaal van AEEI.

Meer oor:  Aeei  |  Ayo  |  Iqbal Survé
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.