Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
3 van Steinhoff in Duitsland aangekla

Drie voormalige bestuurders van ’n filiaal van Steinhoff in Duitsland sowel as ’n vierde persoon is van ’n handelsmisdaad aangekla wat sowat R41 miljard beloop, het die kantoor van die staatsaanklaer van Oldenburg Donderdag bevestig.

Geen name is gegee nie, en dit is dus nie op die oomblik seker of Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, een van die mense is nie.

Voorheen is berig dat hy glo wel ondersoek is.

Dis namiddag betroubaar bevestig dat Markus Jooste wel aangekla is. Lees die opvolgberig hier: Markus Jooste wel 1 van 4 in Duitse strafsaak. Dit sluit besonderhede van die ander drie mense en hul verbintenis met Steinhoff in, asook meer besonderhede oor die beweerde bedrog en die verwagte verloop van die Duitse hofproses vorentoe.

Sy regsverteenwoordiger in Duitsland het dié week aan ’n Duitse tydskrif gesê Jooste weet van die klagte.

Die sentrale kantoor oor witboordjiemisdaad van die staatsaanklaer van Oldenburg, wat in die staat Neder-Sakse in Duitsland is, het Donderdag in ’n verklaring gesê vier mense wat betrokke was by beweerde misdrywe met Steinhoff se boeke, gaan aangekla word.

Die klagstaat toon dit hou verband met beweerde vals transaksies wat sy balansstaat met meer as €2,3 miljard (R41 miljard in vandag se wisselkoers) oordryf het.

LEES OOK: Steinhoff-direkteurs in Duitsland vervolg - berig

Die betrokke Steinhoff-filiaal waar die beweerde misdrywe plaasgevind het, is in die stad Westerstede in dieselfde staat geleë.

Dit is in dié stad waar Bruno Steinhoff in die 1960’s Steinhoff begin het.

Indien die persone skuldig bevind word, kan tronkstraf aan hulle opgelê word of hulle kan beboet word.

Die aanklag spruit uit ’n ondersoek wat in 2015 net voor Steinhoff se notering op die Frankfurtse beurs plaasgevind het, toe ’n klopjag op die kantoor in Westerstede asook wonings van bestuurslede uitgevoer is.

Die staatsaanklaer sê die beskuldigdes het elk moontlik verskeie oortredinge begaan ingevolge die Duitse handelswet. Die beweerde oortredinge is van Julie 2011 tot Januarie 2015 begaan.

Dit handel oor beweerde vals transaksies wat boekwinste meegebring het wat na die balansstaat van die maatskappy gevloei het.

Die persoon wat nie vir die Steinhoff-filiaal gewerk het nie, het gehelp om die transaksies te bewerkstellig.

Meer oor:  Steinhoff  |  Bedrog  |  Markus Jooste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.