Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
5 200 poste by Edgars gered

Sowat 5 200 poste van die 17 292 personeellede wat vir die Edcon-groep gewerk het, is gered.

Edcon
Verbruikers stap verby 'n toe Edgars tydens die staat van inperking toe klerewinkels nie klere mag verkoop het nie. Foto: Nellie Brand-Jonker

Edcon is einde April in sakeredding geplaas nadat sy geldsake verder agteruit gegaan het weens die swak ekonomiese toestand, beurtkrag en winkels wat tydens die staat van inperking moes sluit.

Edcon het Maandag in ’n verklaring gesê dié 5 200 is die poste wat gered gaan word wanneer 131 van die groep se Edgars-winkels deur Retailability oorgeneem word.

Die Mededingingskommissie het die transaksie verlede week goedgekeur onderhewig aan sekere voorwaardes wat met werksgeleenthede te doen het.

Edcon het by navraag bevestig daar het 8 208 personeel vir Edgars gewerk en dié winkelgroep het 194 winkels gehad. 

Die maatskappy het beklemtoon die poste wat gered is, sluit Jet-winkels se personeel uit.

Die Foschini-groep gaan 371 van Jet se winkels koop.

Edcon het 650 winkels aan die begin van die sakeredding gehad. 

Edcon het toe die sakeredding begin het, 17 292 werkers en sowat 5 000 tydelike werkers in diens gehad.

Die sakeredders het in hul sakereddingsplan Edcon se winkels opgedeel in dié wat reeds gesluit is, nielewensvatbare (verliesmakende winkels), grensgevalle (waar winkels nie noodwendig verliesmakende was nie maar ’n heronderhandeling van huurkontrakte nodig was) en lewensvatbare winkels.

Daar was net 88 Edgars-winkels wat as lewensvatbaar beskou is en nog 36 wat as grensgevalle beskou is. Sy verliesmakende winkels het 54 beloop.

Die kommissie het in ’n verklaring gesê die vakbond Saccawu het sekere aangeleenthede van openbare belang geopper wat die partye ingestem het om deel van die voorwaardes vir die transaksie te maak.

Die kommissie het nie oor die voorwaardes uitgebrei nie.

’n Artikel 189-proses is reeds met al die werkers van die Edcon-groep begin.

Die werkers wat oorbly wanneer al die winkels verkoop is, gaan afgelê word.

Die groep het bereken sowat R597 miljoen gaan vir afleggingspakkette nodig wees.

Retailability het 460 winkels in Suider-Afrika, insluitende Legit, Beaver Canoe en Style.

Die Edgars-handelsnaam sal voortbestaan.

Die partye is nog in die proses om ’n ooreenkoms te finaliseer vir die Edgars-winkels in die res van Afrika.

Meer oor:  Jet  |  Retailability  |  Edcon  |  Edgars  |  Mededingingskommissie  |  Sakeredding  |  Winkels  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.