SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
994 SAL-werkers gaan deur herstrukturering geraak word
Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof van die SAL, sê 994 werkers sal deur die herstrukturingsproses geraak word. Foto: Bonolo Selebano

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan van sy personeel aflê.

Die SAL het Dinsdag bevestig art. 189-kennisgewings is aan sy personeel gegee. Kragtens dié kennisgewing kan ’n werkgewer van sy personeel aflê weens operasionele behoeftes.

Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof, het Dinsdag in Kempton Park gesê die afleggings is nodig om finansiële stabiliteit te verseker.

Fredericks sê die SAL het Maandag ’n aansoek by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ingedien om ’n senior kommissaris aan te stel om as fasiliteerder op te tree.

Fredericks sê dat die SAL se herstruktureringsproses 994 mense kan raak, maar dat dit die SAL R700 miljoen kan bespaar.

Volg Netwerk24 vir meer.

Meer oor:  Deon Fredericks  |  Sal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.