Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Cartrack spoor 93% van gesteelde motors op
Só vaar die aandeelprys

​Cartrack het op 19 Desember 2014 genoteer nadat hy R8,50 per aandeel in ’n private plasing gekry het. Die aandeel het op sy eerste verhandelingsdag tot R9,50 opgeskiet, maar sedertdien teruggesak.

Maandag het die aandeelprys 0,22% hoër vir die dag op R9,02 gesluit.

Die nuut genoteerde maatskappy Cartrack het sy inkomste met 32% tot R843,7 miljoen verhoog.

Die besigheid is in verskeie lande bedrywig, maar omtrent driekwart van sy inkomste kom uit Suid-Afrika, asook die grootste deel van sy wins.

Die maatskappy het in Desember genoteer en doen vlootbestuur, spoor gesteelde motors op en volg motoriste se bestuursgewoontes elektronies vir versekeringsdoeleindes.

Blykbaar word 93% van die voertuie van sy kliënte wat in Suid-Afrika gesteel word, teruggevind. In die tydperk is voertuie ter waarde van R450 miljoen opgespoor, wat ’n rekord is.

Dit is Cartrack se eerste stel resultate sedert sy notering.

Zak Calisto, internasionale uitvoerende hoof van Cartrack, sê die intekenare wat sy opspoorstelsels gebruik, het met 24% tot 430 000 eenhede verhoog in die jaar tot einde Februarie.

Die maatskappy verdien ’n inkomste uit die hardeware wat verkoop word wat in die motors geplant word, asook ’n herhalende inkomste uit die motors wat gevolg word.

Herhalende inkomste dra 84% tot totale inkomste by.

Vlootbestuur verteenwoordig nou 50% van Cartrack se intekenare. Vlootbestuursprodukte maak ook 64% van totale verkope van hardeware uit.

Die produkte help voertuigeienaars om die koste en veiligheid van hul voertuie en personeel te bestuur.

Die vraag na vlootbestuur neem glo toe.

In die jaar is nuwe kantore in Indonesië, Maleisië, Honkong, Thailand, die Midde-Ooste en die Filippyne geopen.

Sy uitbreiding oorsee het gehelp dat die gedeelte van die inkomste van oorsee van 17% tot 26% verhoog.

In Singapoer het Cartrack ’n tender gekry om gevangenes te volg.

Sy wesensverdienste het met 16% tot R194 miljoen gestyg.

’n Finale dividend van 30c is verklaar.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.