Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aanbod vir sekere Edgars-winkels gekry

Die kleinhandelaar Retailability het ’n aanbod vir “dele” van Edgars gedoen wat moontlik sal verseker dat dié handelsnaam bly voortbestaan.

Edgars gaan dalk bly voortbestaan, maar die verkoopstransaksie moet nog gefinaliseer word.

Die sakereddingspraktisyns van die Edcon-groep het aangekondig die hoofde van ’n ooreenkoms is met Retailability geteken.

Retailability besit die kettingwinkels Legit, Beaver Canoe en Style. Edcon het sowat twee jaar gelede vir Legit aan hulle verkoop vir nagenoeg R637 miljoen.

Die maatskappy het 460 winkels in Suid-Afrika, Namibië en van die ander buurlande.

Dis onseker watter dele van Edgars ter sprake is.

“As die transaksie suksesvol afgehandel word, sal dit ’n positiewe uitslag vir die sakereddingsproses wees,” het Piers Marsden en Lance Schapiro, die sakereddingspraktisyns, in ’n verklaring gesê.

Hulle glo Edgars sal in goeie hande wees omdat Retailability ’n ervare span het.

“Retailability beplan om met die transaksie Edgars se unieke waarde-aanbod en sy groot en aantreklike teikenmark te gebruik om ’n trots Suid-Afrikaanse handelsnaam te groei en sy voortbestaan te verseker.”

Die voorwaardes van die moontlike transaksie is op verskeie vergaderings aan die komitees van belanghebbendes voorgelê.

“Die wesenlike stap sal nie net ’n groot getal poste red nie, maar sal lei tot die volhoubaarheid van ’n trots Suid-Afrikaanse en ikoniese handelsnaam,” het hulle gesê.

Volgens hulle gaan die besonderhede van die transaksie afgehandel word sodra definitiewe ooreenkomste onderteken is en sekere voorwaardes nagekom is.

Volgens hulle is die sakereddingsplan ten opsigte van ander dele van Edcon in ’n gevorderde stadium.

Edcon besit ook vir Jet en het ’n verbruikerskuldboek en lojaliteitskaartafdeling wat te koop is.

“Die aard van die transaksies is kompleks en ’n amptelike aankondiging sal volg sodra ons in staat is om een te maak.”

Die plan is om die Edgars-transaksie dié kwartaal af te handel, volgens hulle.

Meer oor:  Edcon  |  Jet  |  Edgars  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Sakeredding  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Klerewinkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.