Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aandeelhouers ontevrede oor Absa-base se salaris
Maria Ramos, voormalige uitvoerende hoof van Absa, het in ’n stadium meer as R37 miljoen per jaar verdien.Foto: Elvira Wood

Absa Bank se aandeelhouers het Dinsdag hul misnoeë duidelik te kenne gegee met die bank se plan vir hoe hy sy grootbase wil vergoed.

Om presies te wees, 31,43% van die aandeelhouers het Dinsdag teen die bank se vergoedingsverslag gestem op sy algemene jaarvergadering in Johannesburg.

Die bank sê laatmiddag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat aangesien 25% van die aandeelhouers teen die verslag gestem het, sal die aandeelhouers binnekort die geleentheid gegun word om hul kommer en aanbevelings teenoor die direksie uit te spreek.

Absa skroom nie om sy grootbase groot salarisse te betaal nie. In 2017 het Maria Ramos, wat toe Absa se uitvoerende hoof was, R37,6 miljoen verdien.

In 2018 was die bedrag laer op R29,7 miljoen. Sy het egter toe nie meer ’n langtermyn-aansporingsbonus verdien nie, aangesien sy aangekondig het sy gaan aftree.

Absa se aandeelprys het laat Dinsdagmiddag net meer as 4% laer op R166,21 op die JSE gesluit.

Meer oor:  Absa  |  Maria Ramos  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.