Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa bevestig: Mminele van Reserwebank is nuwe baas
Daniel Mminele. Foto: Lisa Hnatowicz

Absa het bevestig dat Daniel Mminele aangestel is as sy nuwe uitvoerende hoof.

Hy sal die pos van 15 Januarie beklee.

Netwerk24 het reeds in Junie 2019 berig dat daar ’n groot moontlikheid is dat Mminele dié skuif kan maak.

LEES OOK: Gaan Reserwebank se adjunk dalk Absa toe?

Financial Mail het in November bevestig dat Absa se direksie die aanstelling goedgekeur het.

Nie die Reserwebank óf Absa wou tóé kommentaar lewer nie. Absa het gesê hy sou in Augustus met die bekendmaking van sy halfjaarresultate sê wie sy nuwe uitvoerende hoof is.

Hy het dit egter nie gedoen nie.

Mminele sal die bank se eerste swart uitvoerende hoof wees.

Maria Ramos, Absa se voormalige uitvoerende hoof, het in Februarie 2019 uitgetree toe sy 60 geword het.

René van Wyk, ’n voormalige werknemer van die Reserwebank, neem sedertdien in die pos waar.

Meer oor:  Absa  |  Reserwebank  |  Daniel Mminele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.