Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa kry groen lig vir kantoor in New York

Absa se eerste tak in New York behoort voor die einde van die jaar sy deure te open.

Absa gaan voor die einde van die jaar ’n verteenwoordigende kantoor in New York oopmaak.Foto: Pixabay

Dit kom nadat hy die groen lig van die deelstaat New York se departement van finansiële dienste gekry het om voort te gaan met sy planne om met bedrywighede in dié stad te begin.

Absa sê in ’n verklaring hy is verheug oor dié verwikkeling en dat dit ’n “beduidende mylpaal” is wat sy strategie betref.

Die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA het hom reeds in Oktober toestemming gegee om ’n verteenwoordigende kantoor in die stad oop te maak.

Absa kan nou sy bankdienste en -produkte regstreeks aan korporatiewe en/of beleggingskliënte daar bied wat ’n teenwoordigheid in Afrika het of wil bekom.

Die bank sê hy het reeds ’n verteenwoordigende kantoor in Londen geopen en ondersoek die moontlikhede om soortgelyke kantore in ander stede oop te maak.

Meer oor:  Absa  |  New York  |  Banke  |  Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.