Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa: Ons het nie OB se versoek geweier
Absa se kantore in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Absa sê Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, het hom nie gedagvaar om inligting oor bankrekeninge te gee as deel van haar ondersoek na pres. Cyril Ramaphosa nie.

Dié bank het gereageer nadat Mkhwebane in haar verslag, wat vandag gepubliseer is, gesê het sy het die betrokke bank waar die bankrekeninge gehou is, gedagvaar vir inligting daaroor.

Die trustrekening vir Ramaphosa se veldtog was by Absa.

Phumza Macanda, woordvoerder van Absa, het Vrydag in ’n verklaring gesê: “Ons wil dit op rekord stel dat Absa nie weet van só ’n dagvaarding nie en dus nie geweier het om met haar saam te werk in die ondersoek nie.

“Absa het die afgelope 12 maande twee dagvaardings van die openbare beskermer gekry en het daaraan voldoen soos wat die wet vereis.

“Dié dagvaardings het nie gegaan oor enige inligting wat met die president verband hou nie. Die openbare beskermer se bewering word derhalwe verwerp,” sê hy.

Mkhwebane het vroeër Vrydag gesê Ramaphosa het in November die parlement doelbewus mislei toe hy ’n vraag beantwoord het oor ’n skenking van R500 000 vir sy veldtog om in 2017 as president van die ANC verkies te word.

Sy het ook gevind sy optrede was teenstrydig met wat van ’n adjunkpresident verwag word.

Sy het verder bevind Ramaphosa het die etiese kode vir lede van die uitvoerende gesag oortree deur nie donasies bekend te maak wat hy as deel van sy veldtog in 2017 ontvang het nie. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.