Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa roep óók tjeks vaarwel
Absa gaan die gebruik van tjeks uitfaseer.Foto: Argief

Absa gaan van 31 Desember 2020 nié meer tjeks as betaalinstrument aanvaar nie.

Die bank sê Woensdag in ’n e-pos aan kliënte dat “aangesien verbruikers voortdurend die gebruik van nuwe-generasie digitale betalings aanvaar en veiliger betaalmetodes verkies, het tjekgebruik met tussen 25% en 30% per jaar afgeneem, ’n tendens wat na verwagting sal voortduur.”

Die bank sê dat sekere tjekdienste egter al reeds teen 1 Julie 2020 uitgefaseer word. Dit sluit in:

Geen nuwe Absa-tjekboeke sal gedruk of uitgereik word nie. Banktjeks sal ook nie meer beskikbaar wees nie.

Kliënte sal nie meer kan versoek dat tjekdeposito’s vinniger verreken word nie; die standaard verrekeningstydperk van tien dae sal geld.

Kliënte sal nie meer kopieë van hul tjeks saam met hul state ontvang nie. Kopieë van die tjeks kan op Absa Online herwin word, of kliënte kan kopieë van hul tjeks deur hul bankiers of die Absa Inbelsentrum by 08600 08600 aanvra.

Absa is die tweede bank wat aangekondig het dat hy die gebruik van tjeks gaan uitfaseer.

Investec het einde Mei ook aangekondig dat hy dié produk uitfaseer. In sy geval sal hy reeds van 1 Augustus nié meer tjeks aanvaar nie.

Meer oor:  Absa  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.