Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa sluit 6% hoër ná Ramos-nuus

Beleggers op die JSE het oënskynlik die nuus dat Maria Ramos as hoof van die bankgroep Absa uittree, verwelkom.

A new corporate logo sits on the branded hi-vis ja
Absa se nuwe logo, wat in 2018 bekend gestel is. Foto: Getty Images

Absa se aandeelprys het Dinsdag 6,2% hoër op R186,50 gesluit, met geen teken dat die nuus as negatief vir die bank beskou is nie. Dis meer as die styging van 1,15% in die JSE se indeks van alle aandele.

Absa het oor die afgelope 12 maande beter as die JSE presteer en ’n opbrengs van 8,93% gelewer.

Die aandeelprys was Dinsdag ’n uitskieter onder die banksektor. Die bankindeks was met 1,76% hoër en die breër finansiële indeks was 1,33% hoër.

Volgens Bloomberg was Absa verlede jaar die verloorder onder die ses banke in die bankindeks. Absa was eers die grootste kleinhandelbank in Suid-Afrika nadat hy gevorm is uit die samevoeging van Volkskas, Trustbank, United en Allied. Maar Absa het teruggesak teen FirstRand, Nedbank en Standard Bank wat betref die gemiddelde aantal produkte per kliënt en die lojaliteit van kliënte.

Vroeër in Januarie het Jan Meintjes, portefeuljebestuurder van die batebestuurder Denker Capital, gesê daar is redelike skeptisisme in die mark oor Absa se vermoë om vinniger as die res van die banksektor te groei.

Absa is wel die derde grootste uitlener in die land. Hy het markaandeel verloor onder die jeug, die massamark, middelinkomstegroepe, asook welvarendes, volgens Bloomberg.

Meer oor:  Absa  |  Maria Ramos  |  Reserwebank  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.