Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa se aandeelprys val ná nuus oor hoof

Absa se aandeelprys het Dinsdagoggend met tot 4,4% geval nadat daar bekend gemaak is die bank se betreklik nuwe baas gaan uittree.

Teen 09:30 was die aandeelprys steeds 3,9% laer op R121,14 teenoor Maandag se sluiting van R125,99.

Absa het in ’n Sens-verklaring aangekondig die direksie onderhandel met Daniel Mminele, uitvoerende hoof, oor ’n “geskikte skikkingsooreenkoms”. ’n Finale aankondiging word ná 12:00 verwag. 

LEES OOK: Daniel Mminele gaan bedank by Absa

In teenstelling met Absa se aandeelprys het die JSE se indeks van alle aandele teen 09:30 met 0,02% gestyg.

Mminele was net meer 15 maande Absa se uitvoerende hoof.

Die nuus kom kort nadat Absa aangekondig het hy gaan sy geldmarkfonds van meer as R80 miljard sluit, ’n besluit wat die wenkbroue laat lig het. Absa het aangevoer dit word gedoen omdat gewone beleggers onder die wanindruk is dat die geldmarkfonds nes ’n bankrekening is met gewaarborgde opbrengs.

Daar word bespiegel dat Absa sy batebestuursafdeling wil verkoop.

LEES OOK: Geldmark: Is dít dalk wat Absa beplan?

Absa
'n Veiligheidswag voor 'n Absa-tak. Foto: Bloomberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.