Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa stel nuwe hoof aan, maar swyg oor naam

Die Absa-groep het ’n nuwe uitvoerende hoof, maar die persoon se naam is nie bekend gemaak nie, omdat dit glo ’n vereiste van die Reserwebank se omsigtigheidsowerheid is.

A new corporate logo sits on the branded hi-vis ja
Absa se nuwe logo wat in 2018 bekend gestel is. Foto: Getty Images

Die groep het bloot in ’n verklaring gesê die nuwe hoof sal in Januarie 2020 in sy pos begin.

Dit is toevallig ses maande ná Daniel Mminele, een van die Reserwebank se adjunkpresidente, se uittrede.

LEES OOK: Gaan Reserwebank se adjunk dalk Absa toe?

Netwerk24 het voorheen berig daar word bespiegel dat Mminele ná sy uittrede Absa toe gaan. Toe is berig hy moet ingevolge sy dienskontrak aan ’n afkoeltydperk van ses maande voldoen waartydens hy nie elders mag werk sonder die uitdruklike goedkeuring van die Reserwebank se direksie nie.

Tans neem René van Wyk waar as uitvoerende hoof. Hy neem ook net tot Januarie 2020 waar.

Maria Ramos het einde Januarie onverwags aangekondig dat sy as uitvoerende hoof uittree.

Sy is in Julie op die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se direksie aangestel.

Meer oor:  Absa  |  Obk  |  Reserwebank  |  Daniel Mminele  |  Aanstelling  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.