Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Absa vat werker vas wat data laat uitlek
Absa se kantore in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Absa het strafregtelike klagte gelê teen ’n werknemer wat na bewering van sy kliënte se data uitgelek het.

Die bank sê Dinsdagoggend in ’n antwoord via e-pos oor die aangeleentheid “dat ’n werknemer geselekteerde kliëntedata onwettig aan ’n klein aantal eksterne partye beskikbaar gestel het.

“Die uitgelekte data hou met ’n klein deel van Absa Suid-Afrika se kliëntebasis verband,” sê die bank.

Absa sê die ondersoeke duur voort.

Volgens die bank het hy onmiddellik aansoek by die hooggeregshof gedoen om soek- en beslagleggings op verskillende persele moontlik gemaak.

“Alle toestelle wat die data bevat het, is beveilig, waarna die data daarop vernietig is.”

Absa sê hy hou egter steeds die betrokke rekening dop, en kontak alle kliënte regstreeks wat daardeur geraak word.

Absa stel dit baie duidelik dat die data uitgelek is en dat niemand by sy stelsel ingebreek het nie.

Hy sê hy sal sodra die omvang van die situasie bepaal is, die nodige stappe teen die ontvangers van die data doen.

In die brief wat aan die kliënte gestuur is, het die werknemer inligting soos ID’s, selfoonnommers en rekeningnommers uitgelek.

Absa verskaf egter nie besonderhede oor wanneer die inligting uitgelek is nie.

Meer oor:  Absa  |  Banke  |  Datalek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.