Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Acsa kry weer nuwe waarnemende hoof

Die onstabiliteit in die leierskap van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) duur voort nadat ’n waarnemende uitvoerende hoof, Fundi Sithebe, in die plek van Bongiwe Mbomvu aangestel is.

Die hoofgebou van die Kaapstadse Lughawe. Foto: Acsa

Acsa se kredietvooruitsig is intussen ook vandeesweek deur Moody’s Investors Service van stabiel na negatief afgegradeer.

Moody’s het gesê hy grond sy negatiewe vooruitsig op Acsa se blootstelling aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat op sy beurt van reddingsboeie van die staat afhanklik is. Acsa is ook aan staatsinmenging, regulatoriese toesig en die plaaslike ekonomiese toestande blootgestel.

Acsa is wel een van die min staatsondernemings wat ’n wins behaal en dividende aan die staat verklaar.

Mbomvu was self in ’n waarnemende hoedanigheid by Acsa en was net ’n jaar in die pos nadat sy in November verlede jaar aangestel is.

Sy het Bongani Maseko opgevolg, wie se kontrak in November verlede jaar verstryk het. Maseko was 18 jaar by Acsa werksaam. Mbomvu is ’n regsgeleerde en het eers in 2013 by Acsa begin werk. Sithebe was voorheen die bedryfshoof van Acsa.

Volgens Acsa het hy besluit om Mbomvu met Sithebe te vervang ingevolge sy beleidsbesluit om waarnemende hoofde te roteer. Die proses om ’n permanente uitvoerende hoof aan te stel duur nog voort.

Sithebe het in Maart 2015 by Acsa begin werk as personeelhoof en is in Desember 2017 tot bedryfshoof bevorder. Sy het ’n BA-graad in sake-administrasie van die Midrand-universiteit, en ’n nagraadse diploma in bestuur van die Wits-sakeskool. Sy het haar private vlieënierslisensie aan die Lanseria Flight Centre verwerf.

Meer oor:  Acsa  |  Infrastruktuur  |  Lughawens  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.