Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Adcock-fabriek open ná 57 negatief toets

57 werknemers van die Johannesburgse fabriek van Adcock Ingram het nié die koronavirus onder lede nie, nadat hulle daarvoor getoets is.

Adcock Ingram se Aeroton-fabriek in Johannesburg waar produkte vir binneaarse voeding vervaardig word. Foto: Verskaf

Die fabriek in Aeroton het Dinsdag weer geopen nadat dit die afgelope langnaweek skoongemaak en ontsmet is.

Die personeel is verlede week getoets nadat een van hulle verlede Donderdag positief getoets is.

Die betrokke werknemers het almal in ’n spesifieke bedryfsafdeling gewerk.

Hulle is nog dieselfde dag by ’n private laboratorium getoets en die resultate is Vrydag ontvang.

Hulle was in self-isolasie, soos die maatskappy se protokol vereis.

Die persoon wat positief getoets het, is ook tans in isolasie.

Die fabriek was die naweek tydelik gesluit om ontsmet te word deur ’n derde party wat daarin spesialiseer.

Die aanleg vervaardig mediese toerusting soos binneaarse voeding en bloedsakke wat as lewensreddende produkte beskou word.

’n Inspekteur van die departement van arbeid het Vrydag die fabriek besoek.

“Adcock Ingram het voldoende voorraad beskikbaar om tydens ’n tydelike sluiting van ’n aanleg steeds voorraad aan sy klante te voorsien,” lui ’n verklaring van die maatskappy.

“Wanneer een van ons verspreidingsentrums tydelik gesluit word, kan voorraad van ander pakhuise verkry word.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Fabriek  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.