Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Adcock teken ook riglyne vir goeie sakepraktyk
Pakkies Trivenz word in Adcock Ingram se Wadeville-fabriek in Germiston verpak. Foto: Deon Raath

Adcock het een van die groot maatskappye geword wat die riglyne vir goeie sakepraktyk vir Suid-Afrikaanse maatskappye wat in Afrika bedrywig is, onderteken het.

Altesaam 54 maatskappye, waaronder Vodacom, PPC, Tongaat Hulett, The Foschini Group (TFG) en Bidmark, het die riglyne reeds onderteken.

Dit is in September 2015 deur die kabinet goedgekeur en in Julie verlede jaar deur dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, van stapel gestuur. 

Andrew Hall, uitvoerende hoof, het die riglyne in Davies se teenwoordigheid onderteken.

Die riglyne is ’n inisiatief van dié departement.

Dit is in oorleg met ander staatsdepartemente, die private sektor en arbeidsorganisasies ontwikkel en is vrywillig.

Dit stel standaarde wat daarop gemik is om verantwoordelike gedrag onder sakelui te bevorder.

Adcock Ingram vervaardig, bemark en versprei ’n wye verskeidenheid gesondheidsorgprodukte in Afrika na meer as 13 markte.

Hall sê Adock voldoen reeds aan die manier van sake doen wat in die riglyne aanbeveel word.  

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.