Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Adjunk-minister ‘het onraad vermoed’ oor OBK-hoof

Hy het vanaf die eerste dag vrae gevra oor die transaksies waarby dr. Daniel Matjila en Pretty Louw betrokke was.

Daniel Matjila
Dr. Daniel Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK. Foto: Elizabeth Sejake

“My kommer hieroor het duidelik nie aanklank by die res van die direksie gevind nie,” het Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), Maandag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK getuig.

Gungubele se getuienis stem ooreen met ’n beëdigde verklaring wat hy in Mei by die hooggeregshof van Pretoria ingedien het.

Lees sy volledige verklaring vir die Mpati-kommissie hieronder.

Dit was nadat die United Democratic Movement (UDM) ’n aansoek by die hof ingedien het met ’n versoek dat Matjila, uitvoerende hoof van die OBK, geskors word. Die aansoek is teengestaan deur Nhlanhla Nene, toe minister van finansies, asook deur Matjila self.

Matjila het sedertdien bedank.

Lees ook: OBK-voorsitter: ‘Ja, als is toe nie pluis nie’

Volgens Gungubele lyk dit of die direksie net Matjila se woord aanvaar het.

Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies, Maandag in Pretoria. Foto: Elvira Wood

Met verwysing daarna dat die OBK ingestem het om ’n lening van Louw van R300 000 af te betaal en ’n lening van R21 miljoen toe te staan aan ’n maatskappy met wie Louw bande gehad het, het Gungubele in sy verklaring gesê: “Ek het openlik vir my mededirekteure gesê hierdie besluite kan as onbehoorlik beskou word en dat dit een van die redes was hoekom daar beskuldigings was van ’n toesmeerdery.”

Oorspronklik het Gungubele gesê hy is tevrede met hoe die situasie behartig is.

Matjila is deur ene James Nogu (’n vals naam) in ’n e-pos daarvan beskuldig dat hy ’n romantiese verhouding met Louw gehad het en dat daar ongerymdhede was met dié lenings.

Matjila is van alle beweringe vrygespreek nadat die OBK ’n forensiese ondersoek laat doen het. Frans Lekubo, direkteur by Naledi Forensic Services, het in Januarie getuig dié forensiese ondersoek het nét inligting gebruik wat deur die OBK beskikbaar gestel is.

Gungubele het Maandag getuig benewens dié twee transaksies hy ook vrae gevra oor ’n bykomende betaling van R438 000 aan Louw sonder dat enige faktuur daarvoor bestaan.

Gungubele het verder getuig hy is bekommerd oor die bevindinge van die Bundlender-verslag oor die kwessie.

Adv. Geoff Budlender het in 2018 in ’n verslag óók bevind daar was geen ongerymdhede wat betref Matjila se optrede met dié transaksies nie.

Gungubele het saam met die hele direksie van die OBK op 1 Februarie bedank. Hy dien egter steeds in die posisie van voorsitter totdat Tito Mboweni, minister van finansies, ’n nuwe direksie aanstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.