Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
AEEI reik nou wel resultate volgende week uit
AEEI,
African Equity Empowerment Investments (AEEI) is op die JSE genoteer.

Ondanks “onverwagte verwikkelings” by die maatskappy, het die genoteerde African Equity Empowerment Investments (AEEI) laat Maandagmiddag op die JSE se nuusdiens Sens aangekondig hy gaan nou wel volgende week sy tussentydse resultate uitreik.

Dit volg op ’n vroeëre aankondiging Maandag dat die uitreiking van die resultate tot einde Februarie nie teen einde April moontlik sou wees nie juis weens “onverwagte verwikkelings”.

Luidens die Sens-verklaring gaan AEEI nou sy tussentydse resultate “gedurende die week wat op 26 April eindig” uitreik. Die maatskappy sê nie op watter dag die resultate verwag kan word nie.

Die maatskappy het aanvanklik beoog om dit op 24 April uit te reik. Maandagoggend is dié datum egter na “voor 31 Mei” geskuif “ter nakoming van paragraaf 3.15 van die JSE se noteringsvereistes”.

Die JSE vereis dat ’n genoteerde maatskappy sy tussentydse resultate binne drie maande nadat die eerste halfjaar geëindig het, publiseer.

Laatmiddag is dié besluit omgekeer en word die resultate nou weer aanstaande week verwag.

AEEI is die grootste aandeelhouer in die omstrede Ayo Technology Solutions waaroor daar tans aantygings gemaak word voor die kommissie van ondersoek na beweerde korrupsie by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Lees meer oor die bewerings teen Ayo hier.

AEEI se aandeelprys was Maandag teen sluitingstyd byna 3% laer op R2,80.

Meer oor:  Aeei  |  Ayo Technology Solutions  |  Ayo  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.