Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Afgraderings stroom in ná besluit oor SA

Die string afgraderings wat outomaties volg wanneer staatseffekte afgegradeer word, het Dinsdag begin.

Moody’s Investors Service het die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) elk met een vlak afgegradeer, tot Ba3.

Dit is spesifiek gedoen omdat staatseffekte Vrydagnag met een trap tot twee vlakke onder beleggingsgraad afgegradeer is. Moody’s reken die staat se vermoë om die twee ontwikkelingsfinansiers uit te help, sou dit nodig word, het verswak.

LEES OOK: Moody’s en Fitch gradeer SA af, S&P nié

Moody’s het die Landbank ook afgegradeer, maar in dié besluit net gesê dis omdat die landbou-finansier sukkel om krediteure se goedkeuring vir sy regrukplan te kry.

LEES OOK: Moody’s gradeer Landbank af

Die vooruitsig op Obsa en die IDC se graderings bly negatief.

Wat die twee instellings se eie profiel betref, sê Moody’s hulle doen al hoe meer beleggings in hoërisikosektore in pas met hul ontwikkelingsmandaat en te midde van uitdagende makro-ekonomiese toestande.

Verdere afgraderings deur Moody’s en ook deur Fitch, wat staatseffekte ook Vrydagnag afgegradeer het, word verwag. Dit kan banke en versekeraars insluit.

Die IDC finansier klein en mediumgrootte ondernemings. Foto: Pixabay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.