Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
African Bank wil meer as 300 mense aflê

African Bank het met onderhandelinge begin wat uiteindelik kan meebring dat meer as 300 mense hul werk gaan verloor.

Al hoe minder mense het nodig om bank toe te gaan.

Die bank sê in ’n verklaring 1 269 van sy 3 728 werknemers word geraak deur die art. 189A-proses, maar hy voorsien dat net sowat ’n kwart van dié mense afgelê gaan word.

African Bank onderhandel met die vakbond vir bankwerknemers, Sasbo, onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Die bank voer verskeie redes aan waarom hy nou te veel personeellede het.

Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking, gestapel op ’n reeds droewige ekonomie, het die vraag na die bank se spaarrekeninge en lenings verminder.

Die bank het ook al hoe meer sy bedrywighede geoutomatiseer en kliënte kan bykans alle transaksies op die bank se app verrig.

Basani Maluleke, uitvoerende hoof, sê die bank het koste in alle dele van die onderneming verminder. Om mense af te lê, is die heel laaste stap. “Ons doelwit regdeur die proses sal wees om toepaslike stappe te oorweeg om potensiële afleggings te vermy en te verminder.”

Sedert verlede jaar het die meeste van die land se groot banke, onder meer Absa, Standard Bank en FNB, personeel afgelê soos wat al hoe meer mense apps en internetbankdienste begin gebruik het.

Meer oor:  Lenings  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Bankbedrog  |  Banke  |  Herstrukturering  |  Afleggings  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.