Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
AfriForum verklaar dispuut met MultiChoice oor Steve

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Donderdag aangekondig dat hy ’n dispuut met MultiChoice oor sy boikot van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr verklaar.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, sê dit is na aanleiding van die “teenstrydige toepassing van dié televisiemaatskappy se politieke beleid”.

AfriForum sê MultiChoice moedig sensuur aan met betrekking tot Hofmeyr, maar doen geen stappe om seker te maak dat Hofmeyr nie op sosiale media bespreek word nie.

Steve Hofmeyr Foto: Felix Dlangamandla

“Waar MultiChoice onlangs aangekondig het dat hulle sensuur met betrekking tot die kunstenaar Steve Hofmeyr gaan toepas deur geen beeldmateriaal van hom te gebruik nie, word geen stappe gedoen teen ander kunstenaars wat aktief geweld en rassehaat teen minderhede op sosiale media aanmoedig nie.”

AfriForum sê hulle eis ook dat MultiChoice alle borgskappe van organisasie en partye, insluitende die ANC, wie se verteenwoordigers verdelende uitsprake maak, summier staak.

“MultiChoice het die volste reg om ’n politieke beleid te volg, maar klante het dan ook die reg om in daardie geval daarop aan te dring dat dit konsekwent toegepas word.”

Roets sê hy dink MultiChoice het dubbele standaarde deur Hofmeyr van hul platforms te verbied, maar toe te laat dat werknemers uitsprake oor Hofmeyr op sosiale media maak.

Hy sê dat die konsekwente toepassing van MultiChoice se beleid daarop sou neerkom dat die maatskappy nie betrokke sal wees by borgskappe van politieke partye wat verdelende uitsprake maak nie.

Roets sê AfriForum verwys spesifiek na uitsprake van David Mabuza, adjunkpresident van Suid-Afrika, en Ace Magashule.

“AfriForum het daarom ’n dispuut met MultiChoice verklaar en eis ingevolge die dispuut dat die maatskappy sy politieke beleid óf hersien óf konsekwent toepas.”

’n Woordvoerder van MultiChoice sê hulle is nie bewus van die dispuut nie, maar sal aandag daaraan gee.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Afriforum  |  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.