Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Afrimat sien nuwe lewe in boubedryf

Die groen grassprietjies van nuwe lewe in die boubedryf is te sien, as die jongste verwagtinge van die boumateriaalgroep Afrimat ’n aanduiding is.

Die vraag na boumateriale is aan die toeneem. Foto: Argief

Afrimat verwag sy verdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde Februarie sal tussen 26% en 36% beter as ’n jaar gelede wees.

Afrimat lewer boumateriaal en nywerheidsminerale aan die boubedryf en nywerhede, soos bouklip, bakstene, boulym, gruisklip, dolomiet, landboulym en metallurgiese kalsiet. Afrimat vervoer ook ystererts en lewer kontrakteringsdienste soos boorwerk en plofdienste vir die mynbou- en boubedryf.

Sy afdelings vir bou- en nywerheidsmateriaal het reeds ná die opheffing van die streng inperking verlede jaar na winsgewendheid teruggekeer. Sy grootmaatafdeling vir ystererts het ook sterk voordeel uit die beter pryse vir ystererts getrek wat tot buitengewone winsgroei gelei het, het Afrimat Dinsdag in ’n handelsverslag gesê.

Afrimat se verdienste per aandeel sal na verwagting tussen R4,31 en R4,65 wees en die wesensverdienste per aandeel kan tussen 22% en 32% hoër wees op tussen R4,21 en R4,59. Die groep verwag om teen 27 Mei sy jaarresultate bekend te maak.

Afrimat borg die Afrimat-konstruksie-indeks, wat verlede jaar gewys het die bedryf was al voor die pandemie onder groot druk. Die streng inperking van April en Mei verlede jaar het dit net verder geknou, met projekte wat vertraag of afgestel is. Daar was vrese dat tot 140 000 mense in die bedryf hul werk kan verloor.

Meer oor:  Afrimat  |  Boubedryf  |  Boumateriale  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.