Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Afrox gee suurstof én dividend

Die gasverskaffer Afrox is een van net enkele JSE-maatskappye wat wel die afgelope tyd ’n dividend kon verklaar.

Schalk Venter, uitvoerende hoof van Afrox.

Afrox het met die bekendmaking van sy halfjaarsyfers tot einde Junie ’n tussentydse dividend van 38c per aandeel verklaar, teenoor ’n jaar gelede se 55c.

Afrox speel ’n deurslaggewende rol in die stryd teen die Covid-19-pandemie omdat hy noodsaaklike mediese suurstof aan hospitale lewer.

Afrox se opbrengs op kapitaal het wel van 21,4% tot 16,3% gekrimp weens die laer winsgewendheid van al sy ander bedrywighede tydens die inperking, terwyl sy kapitaalbesteding tot R248 miljoen gestyg het vergeleke met R180 miljoen ’n jaar gelede. Dit is vanweë beleggings in gassilinders vir sy vloeibare-petroleumgas, en in sy gesondheidsorgafdeling, sê Schalk Venter, uitvoerende hoof.

Benewens mediese suurstof en vloeibare petroleumgas lewer Afrox ook nywerheidsgasse vir gespesialiseerde sweiswerk en verskeie ander soorte gasse vir gebruik in fabrieke en in die kosbedryf.

Afrox het in die halfjaar steeds meer vloeibare petroleumgas ingevoer en dit bly ’n strategiese fokus vir die groep om die binnelandse mark vir dié gas te voed.

Afrox se halfjaar in syfer
  • Omset daal met 10,2% tot R2,694 miljard
  • Verdienste voor rente en belasting krimp met 26,5% tot R336 miljoen
  • Wesensverdienste per aandeel krimp met 31,3% tot 76,5c

Maar die groep se verdienste voor rente en belasting in sy afdeling vir vloeibare petroleumgas het skerp met 63,4% geval omdat hy juis ekstra koste moes aangaan vir die invoer van gas weens die inperking wat die plaaslike olieraffinaderye gedwing het om te sluit. Daar was dus nie veel plaaslike produksie van vloeibare petroleumgas nie.

Die winsmarge op Afrox se vloeibare petroleumgas- en hardeware-verkope het ook gekrimp, maar sy marges op atmosferiese gasse (wat mediese suurstof insluit) het met 2,8 persentasiepunte verbeter.

Afrox gaan sy verspreiding van mediese suurstof uitbrei. Sedert 2018 het hy 21 000 silinders vir mediese suurstof by hospitale en mediese sentrums geïnstalleer. Vanjaar gaan nog 29 000 silinders geïnstalleer word.

Meer oor:  Afrox  |  Covid-19  |  Vloeibare Petroleumgas  |  Dividend  |  Maatskappyresultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.