Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Air Chefs kyk na afleggings
Air Chefs onderhandel met vakbonde oor moontlike afleggings.

Air Chefs, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se afdeling verantwoordelik vir spyseniering, het met vakbonde oor moontlike afleggings begin onderhandel.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, bevestig in ’n geskrewe antwoord op vrae deur Fin24 dat Air Chefs ’n art. 189-proses volgens die Arbeidswet van stapel gestuur het.

’n Werkgewer wat dit oorweeg om werknemers af te lê moet ingevolge die wet só ’n proses voltooi.

Tlali sê Air Chefs het nog nie besluit hoeveel werknemers hy gaan aflê nie.

Hy sê die onderhandelinge met vakbonde sal belanghebbendes toelaat om ander opsies te ondersoek as om werkers af te lê.

“Afleggings is die laaste uitweg,” sê hy.

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) sê in ’n verklaring Air Chefs beplan om 118 van sy 1 200 werknemers af te lê.

Numsa wil hê die afleggings moet binne die SAL gemaak word.

“Ons lede eis dat alle herstrukturering op groepvlak moet gebeur en nie gedesentraliseer word nie.”

Strategie

Volgens Tlali word “werknemermarges” by die SAL as deel van sy omkeerstrategie hersien.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, het onlangs aan die parlement se oorsigtelike komitee oor finansies gesê hy probeer om werkers na ander lugdienste te skuif om die uitwerking van herstrukturering te verminder.

“Ons is bekommerd oor die lugdiens, sy werknemers en sy terugkeer na ’n positiewe finansiële prestasie,” sê Tlali.

Die lugdiens het R21,7 miljard oor drie jaar nodig om sy skuld te betaal.

R9,2 miljard hiervan is om historiese skuld en R12,5 miljard om bedryfskapitaal te betaal.

“Ons moet die omkeerstrategie toepas om weer ’n positiewe finansiële prestasie te lewer.”

Die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie sal op 19 Junie ’n vergadering tussen Air Chefs en vakbonde fasiliteer.

Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.