Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Airlink help om SA Express se gaping te vul

Die streeklugdiens Airlink het ook saam met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ingespring om die gaping te help vul wat gelaat is nadat die staat se binnelandse streeklugdiens SA Express se vlugte op 24 Mei gestaak is.

Een van die streeklugdiens Airlink se Afro4-passasiersvliegtuie langs die Kaapse kuslyn.Foto: Airlink

Airlink het Woensdag in ’n verklaring laat weet hy het tot 46 ekstra daaglikse vlugte om SA Express se leemte te vul.

Daar is tot agt ekstra vlugte per dag tussen Johannesburg en Bloemfontein, tot ses tussen Johannesburg en Kimberley, tot vier tussen Johannesburg en Hoedspruit, tot ses tussen Johannesburg en Gaborone, tot ses tussen Johannesburg en Richardsbaai, en twee tussen Johannesburg en Walvisbaai.

Tot ses vlugte per dag word tussen Kaapstad en Port Elizabeth aangebied, twee tussen Kaapstad en Hoedspruit en twee tussen Kaapstad en Oos-Londen. Tussen Durban en Oos-Londen is tot vier vlugte per dag.

Airlink, wat vlugte in die Suider-Afrikaanse subkontinent aanbied en waarin die regering via die SAL ’n belang van minder as 3% het, sê in ’n verklaring die lugdiens probeer sedert 24 Mei die gaping soveel as moontlik vul om ontwrigting aan passasiers te beperk. Dit het egter meegebring dat vlugte nie oral op die regte tye aangebied is om aan die markvraag te voldoen nie.

Gevolglik het Airlink die afgelope week die vraag op al die roetes bestudeer om vliegroosters aan te pas na gelang van markbehoeftes.

Die SAL het ook ekstra vlugte na sekere bestemmings begin aanbied om die gaping te vul.

Die Burgerlugvaartowerheid het die middag van Donderdag 24 Mei vanjaar SA Express se lugdiensoperateursertifikaat opgeskort asook die lugdiens se goedkeurings van die Vliegtuiginstandhoudingsorganisasie (AMO). Die owerheid het ook die sertifikate van lugwaardigheid vir nege van SA Express se 21 vliegtuie teruggetrek.

SA Express moet weer aansoek doen vir die nodige goedkeurings voordat hy weer vlugte kan aanbied.

Die besluit het gevolg op ’n oudit deur die Burgerlugvaartowerheid van SA Express en sy instandhoudingsafdeling, met ernstige gevalle van nie-voldoening wat ontbloot is wat ernstige veiligheidsrisiko’s inhou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.