Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Airlink se vlugte gaan voort soos normaal
’n Passasiersvliegtuig van die streeklugdiens Airlink.Foto: Airlink

Die private streeklugdiens Airlink, waarin die regering ’n klein belang het, het laat weet sy vlugte en vliegrooster gaan voort soos gewoonweg, ongeag die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in sakeredding te plaas.

Rodger Foster, uitvoerende hoof van Airlink, sê as krediteur en sakevennoot van die SAL is hulle besorg oor die SAL se geldkrisis. Maar Airlink is self finansieel gesond en daar sal geen ontwrigting met sy vlugte wees weens die jongste verwikkelinge by die SAL nie.

Airlink bedryf meer as 55 roetes na 37 bestemmings in nege lande in Suider-Afrika, en het ’n kode-deelooreenkoms met die SAL op dié roetes. Dit beteken SAL-passasiers kan ’n vliegkaartjie koop vir vlugte na dié bestemmings, hoewel die vlug deur Airlink bedryf kan word.

Volgens Foster verwelkom Airlink die besluit van pres. Cyril Ramaphosa en die direksie van die SAL om die lugdiens in sakeredding te plaas, tesame met die beloofde geldelike hulp van die nasionale tesourie.

“Dit is ’n waterskeidingsoomblik in ons hele bedryf en sal ongetwyfeld verandering inlui. Dit verhoed enige onmiddellike en onbeheerde ineenstorting van die SAL, en kan duidelikheid en groter gemoedsrus vir Airlink en die SAL se ander krediteure en belanghebbers gee, maar veral vir die reisende publiek en ons klante.”

Meer oor:  Airlink  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Vlugte  |  Lugdiens  |  Staatsondernemings  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.