Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Corona lig bierreus se wins in SA

Bierverkope in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar vergeleke met verlede jaar effens gedaal weens die drankverbod in Januarie, maar ten minste is ’n wins gemaak, sê die bierreus Anheuser-Busch InBev.

Corona vaar beter as die res van die bierbedryf, selfs te midde van die gelyknamige pandemie. Foto: Bloomberg

Die groep, wat SAB in Suid-Afrika besit, sê die maand lange drankverbod in Januarie het in die kwartaal ’n beduidende impak op sy sake in die land gehad.

Volumes het in die kwartaal effens gedaal en vergeleke met 2019 in dieselfde kwartaal is nie meer bier verkoop nie, soos wat die res van die bedryf ook ervaar het, volgens Carlos Brito, uitvoerende hoof.

Volgens hom het die inkomste per hektoliter in die kwartaal ’n klein enkelsyfergroei getoon, danksy inisiatiewe om inkomste te bestuur en ’n gunstige mengsel van produkte wat verkoop is, wat beteken meer duurder bier is verkoop.

LEES OOK: Alkoholvrye bier was nie net ’n Covid-gier

Hoewel die drankverbod die inkomste in die kwartaal geraak het, is groei in die bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering (ebitda) getoon “danksy waardevolle lesse wat in 2020 geleer is en deurlopende kostebeheer”, sê hy.

Duurder biere het beter verkope getoon, gelei deur Corona en alkoholiese koeldranke.

“Ons gaan ook voort om die digitale transformasie van ons besigheid te bevorder, met ongeveer 50% van ons inkomste wat nou van digitale verkope kom.

“Nadat die verbod gelig is, het ons sterk verbruikersvraag vir ons handelsname gesien.”

Die hele groep se inkomste het met 17% tot $12,2 miljard gestyg danksy meer bier wat verkoop is.

Die maatskappy het in die kwartaal 135,5 miljoen hektoliter bier verkoop – 13% meer as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar.

Die inkomste per hektoliter is 3,7% hoër danksy inisiatiewe om inkomste te bestuur en meer van sy duurder biere wat verkoop is.

Die groep premie-handelsname wat duurder is, het 28% gegroei.

Die premie-handelsname, Budweiser, Stella Artois en Corona, dra 30% van sy inkomste by en het ’n hoër wins per hektoliter as sy kernhandelsname.

Die drie handelsname het buite hul tuismarkte, waar gewoonlik ’n hoër prys gevra word, die beste groei getoon van 46%. Vergeleke met 2019 het die handelsname 24% buite hul tuismarkte gegroei.

Volgens Brito is markaandeel in die meerderheid van sy belangrike markte in die eerste kwartaal tot einde Maart gewen.

Brito sê die nuwe boekjaar het ’n sterk begin gehad, met inkomste wat beter was as voor die pandemie en 2,8% meer bier wat in die kwartaal verkoop is as in 2019.

“Dit is selfs in die konteks van beperking op verkope vir drink op persele, veral in Europa, en die maand lange verbod op verkope in Suid-Afrika.”

Die gesonde groei in inkomste het daartoe gelei dat die groep se ebitda met 14% gestyg het.

Meer oor:  Ab Inbev  |  Sab  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Drankverkope  |  Inperkingsmaatreëls  |  Bierbedryf  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drank  |  Bier  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.