Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Albei base van Sasol bedank
Stephen Cornell Foto: Elvira Wood

Albei die petrochemiese reus Sasol se uitvoerende hoofde het bedank.

Sasol het vroeg Maandagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê dat Stephen Cornell en Bongani Nqwababa hul bedankings ingedien het.

Fleetwood Grobler is reeds aangestel om van 1 November die leisels by hulle oor te neem.

Groot institusionele beleggers in Sasol het in Augustus reeds gevra dat Cornell as mede-uitvoerende hoof uitgeskop moet word en dat Nqwababa as die enigste uitvoerende hoof behou word.

Batebestuurders, wat Allan Gray en Coronation Fund Managers insluit, bespreek sedert Mei voorstelle vir bestuurskuiwe met die direksie nadat Sasol op 22 Mei aangekondig het dat sy chemiese aanleg in Amerika $1 miljard duurder gaan kos as wat voorheen gereken is, het anonieme bronne aan Bloomberg gesê.

Dit was nadat die geraamde koste reeds drie maande tevore ook al verhoog is. Die beleggers wou hê Sasol se bestuur moet verantwoordelikheid vir die stygende koste aanvaar.

Die projek by Lake Charles in die deelstaat Louisiana sal na verwagting nou $13 miljard kos.

Bongani Nqwababa Foto: Elvira Wood

Allan Gray en Coronation besit albei Sasol-aandele namens kliënte en is onderskeidelik die derde en vyfde grootste fondsbestuurders in Suid-Afrika.

Cornell was meer betrokke by die Lake Charles-projek as Nqwababa, en sy jaarlikse vergoedingspakket van R46,3 miljoen was meer as dié van Nqwababa (R25,9 miljoen), volgens die jongste jaarverslag van Sasol.

Sasol het vroeër die oggend in nóg ’n verklaring op Sens gesê een van die remediërende stappe wat hy doen met betrekking tot Lake Charles is dat nie Cornell óf Nqwababa hul korttermyn-bonusse vanjaar sal kry nie.

Sasol het Grobler reeds in April vanjaar in beheer van Lake Charles aangestel.

Die mark het baie van dié verwikkelinge gehou. Sasol se aandeleprys het kort na markte begin verhandel het met bykans 8% tot R287,18 per aandeel op die JSE gestyg.

  • Meer inligting volg later.
Meer oor:  Sasol  |  Bedankings  |  Maatskappye  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.