SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Alex Forbes se finansiële hoof bedank

Naidene Ford-Hoon het as finansiële hoof van Alexander Forbes bedank.

Alexander Forbes se voormalige uitvoerende hoof, Andrew Atta Darfoor.

Sy sal haar pos einde Desember verlaat.

Die finansiëledienstefirma, wat skaars ’n week gelede sy uitvoerende hoof, Andrew Atta Darfoor, afgedank het, verskaf geen rede vir die bedanking nie. Sy word vir haar dienste bedank.

“Die direksie het sy opvolgplan in geaktiveer en sal haar plaasvervanger mettertyd aankondig,”  luidens die Sens-verklaring.

Alexander Forbes het Maandag aangekondig dat Dawie de Villiers in November die groep se uitvoerende hoof word. Hy is tans uitvoerende hoof van Sanlam Werknemervoordele.

Darfoor is afgedank “ná ’n verlies aan vertroue”.

Dr. Johan van Zyl, mede- uitvoerende hoof van African Rainbow Capital (ARC), het by navraag bevestig ARC was ontevrede met die maatskappy se finansiële prestasie. ARC besit 17% van Alexander Forbes.

“Omdat ARC Investments self ’n genoteerde maatskappy is, glo ons in verantwoordelike optrede en daarom het ons al geruime tyd ons ontevredenheid oor die maatskappy se prestasie en strategiese fokus aan Alexander Forbes se direksie gekommunikeer.”

Darfoor het vir Edward Kieswetter opgevolg, wat gevra is om sy beplande aftrede te vervroeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.