Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Alex Forbes verkoop versekeraar aan Momentum
momentum
Metropolitan en Momentum het nege jaar gelede saamgesmelt.

Die pas hernoemde Momentum Metropolitan (voorheen MMI) het ’n ooreenkoms gesluit om Alexander Forbes se korttermynversekeraar vir sowat R2 miljard te koop.

Hillie Meyer, uitvoerende hoof van Momentum Metropolitan, sê dit is ’n strategiese verkryging wat by sy nuwe groeistrategie pas. “Dit is spesifiek daarop gerig om die groei van die groep se korttermynversekeringsbelange te versnel.”

Momentum Metropolitan het reeds wesenlike markaandeel in lewensversekering, beleggings, gesondheidsprodukte en advies.

“Die transaksie maak van die groep ’n wesenlike rolspeler in die korttermynversekeringsmark.”

Herman Schoeman, uitvoerende hoof van Momentum se nie-lewensversekeringsondernemings, sê in ’n mark waar daar minder ekonomiese groei is, is grootte en skaal belangrik vir volgehoue winsgewendheid.

“ ’n Verkryging van dié aard en gehalte kom min voor in die korttermynmark.”

Dit sal polishouers van korttermynversekering by die groep meer as verdubbel tot 150 000, sê hy.

Die groep het korttermynversekering as ’n bedryf geïdentifiseer waarin hy kapitaal moet belê om sy uitbreiding te ondersteun, sê die groep in ’n verklaring.

Sowel Guardrisk as Momentum Short Term Insurance (MSTI) het die afgelope jare sterk vertoon.

Schoeman sê Alexander Forbes Insurance sal met MSTI gekombineer word.

“Die onderneming sal onder die Momentum-handelsnaam handel dryf en een versekeringslisensie gebruik.

“Die integrasie van die twee ondernemings sal in fases gedoen word en daar sal mooi gekyk word na die belange van bestaande kliënte en personeel,” sê Schoeman.

Guardrisk, wat Momentum in 2014 bekom het, gaan steeds afsonderlik bedryf word.

Die transaksie moet nog deur die owerhede goedgekeur word.

Alexander Forbes het op 26 Maart sy aandeelhouers ingelig dat hy sy strategie hersien het en dat die direksie besluit het om sy korttermynversekeringsake te verkoop.

Wesenlike belangstelling is van talle kopers gekry, van sowel Suid-Afrika as oorsee, sê Alexander Forbes.

Alexander Forbes wil fokus op sake wat minder kapitaal vereis en meer op advies fokus. Die transaksie bring ’n hernude fokus op die kernsake van konsultasie, administrasie en belegging.

Die transaksie gaan na verwagting einde 2019 in werking gestel word as al die voorwaardes nagekom is.

Dit sluit in goedkeuring van die mededingingsowerhede en die Reserwebank se afdeling wat toesig hou oor versekeraars en banke.

Die Oornamereguleringspaneel van die JSE moet dit ook goedkeur.

Alexander Forbes beoog om die oortollige kapitaal aan aandeelhouers te versprei nadat hy aan sy beleggingsbehoeftes voldoen het.

Sy aandeelhouers hoef nie die transaksies goed te keur nie.

Alexander Forbes Insurance het in die afgelope boekjaar ’n wins ná belasting van R135 miljoen getoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.