Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Allan Gray erken hy het gefouteer met Net1

Die batebestuurder Allan Gray raak al meer bekommerd oor die sakepraktyke van die tegnologiemaatskappy Net1 UEPS Technologies wie se filiaal die omstrede kontrak het om die welsynstoelae van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) uit te betaal.

Allan Gray is die tweede grootste aandeelhouer met ’n 15,6%-belang in die maatskappy wat in Amerika en op die JSE genoteer is.

“Daar is dinge wat ons moes geweet het en wat ons nie geweet het nie. Ons moet op die grond wees om die feite te kry,” sê Andrew Lapping, beleggingshoof van Allan Gray.

Allan Gray het Donderdag in ’n onderhoud gesê sy navorsing in die filiaal Cash Paymaster Services (CPS) toon “dat die onderneming nie altyd sy fone antwoord wanneer kliënte hom bel nie”.

Die kliënte is meestal arm mense met min geleerdheid.

Net1 word daarvan beskuldig dat hy die inligting wat hy oor die miljoene mense kry aan wie die toelae betaal word op onwettige wyse gebruik sodat sy ander filiale dienste soos selfoonlugtyd en lenings aan hulle kan verkoop.

“Dit is nie onwettig om nie jou fone te antwoord nie, maar die is nie ’n goeie sakepraktyk nie,” sê Lapping.

Die organisasie Equal Education wat in Khayelitsha in Kaapstad werksaam is, het Donderdag so getwiet.

Allan Gray het in Maart aan Netwerk24 gesê hy delf nou dieper na die aard van die mikrolenings wat filiale van die genoteerde maatskappy Net1 aan die begunstigdes van staatstoelae verskaf.

Lapping het iemand aangestel om dié mikrolenings te ondersoek.

Hoewel die batebestuurder altyd maatskappye ondersoek waarin belê word het die inligting wat in die publiek na vore gekom het oor Net1 “gebots met wat die bestuur mondelings en skriftelik” aan hulle gesê het.

Lapping het nou gesê: “Ons het probeer uitvind hoe die begunstigdes presies behandel word. As jy ’n probleem het hoe maklik is dit om hulle in die hande te kry? Hoe maklik is dit om debietorder te kanselleer?”

“Ons word al meer bekommerd. En ons kommer is nog nie aangespreek nie,” sê hy.

Die konstitusionele hof het in Maart opdrag gegee dat Sassa vir eers Net1 se kontrak verleng.

Ons word al meer bekommerd. En ons kommer is nog nie aangespreek nie.
Andrew Lapping

Die hof het al in 2014 die kontrak ongeldig verklaar maar Sassa het intussen nie iemand anders aangestel om die kontrak te behartig nie.

Die hof het spesifiek nou die gebruik van die begunstigdes se inligting vir bemarkingsdoeleindes verbied.

Bridget von Holdt van die skakelmaatskappy Burson-Marsteller wat in Maart deur Net1 aangestel is om die media se vrae te hanteer was nie beskikbaar om op navrae te reageer nie.

Allan Gray wil hê nog ’n paar nie-uitvoerende direkteure moet aangestel word om Net1 se direksie sterker te maak.

Die maatskappy het vyf direkteure waarvan drie nie-uitvoerende direkteure is.

Ons het introspeksie gedoen...en ’n paar veranderinge gemaak ten opsigte van hoe ons toesig oor beleggings hou ...ons moet op die grond wees om die feite te kry.
Lapping

“Dit is baie belangrik want ons benodig verandering,” sê Lapping.

“Ons het introspeksie gedoen en uiters versigtig na ons beleggingsprosesse gekyk en ’n paar veranderinge gemaak ten opsigte van hoe ons toesig oor beleggings hou."

“Daar is dinge wat ons moes geweet het en wat ons nie geweet het nie. Ons moet op die grond wees om die feite te kry."

Die nie-regeringsorganisasie Equal Education het Donderdag in ’n verklaring gesê hy het met Allan Gray vergader.

Sy lede kla al lank oor die onwettige aftrekkings op hul toelae en hoe die negatiewe impak wat dit op hul inkomste en gesinne het.

Equal Education sê Allan Gray is gevra om sy belegging in Net1 te verkoop.

Die grootste aandeelhouer in Net1 is die International Finance Corp wat weier om kommentaar te lewer. – Bloomberg

Meer oor:  Allan Gray  |  Cash Paymaster Services  |  Cps  |  Equal Education  |  Net1  |  Batebestuur  |  Staatstoelae  |  Toelae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.