Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Allan Gray koop groot deel van KAP by Steinhoff

Steinhoff se aandele in KAP Industrial wat hy verlede week dringend verkoop het, is grootliks deur die batebestuurder Allan Gray gekoop.

Steinhoff se hoofkantoor op Stellenbosch van waar KAP ook tot verlede jaar bestuur is.

In ’n aankondiging op die Sens-nuusdiens van die JSE het KAP aangedui dat Allan Gray hom ingelig het dat hy nou 28,1% van sy gewone aandele besit.

Allan Gray het einde Junie verlede jaar ’n belang van 13% in KAP gehad, toon die maatskappy se jaarverslag. Dit beteken indien hy nie sedertdien weer aandele gekoop het nie, het die batebestuurder meer as die helfte van die aandele gekoop wat Steinhoff verlede week verkoop het.

Steinhoff se nie-regstreekse volfiliaal Ainsley Holdings het verlede week die aandele verkoop.

Steinhoff het voorheen 25,6% in KAP Industrial gehou.

Die aandele wat met ’n versnelde boekbou in die mark verkoop is, het 694,2 miljoen beloop. Dit is teen R6,85 per aandeel verkoop teen ’n afslag van bykans 10% van die vorige dag se sluitingsprys.

Steinhoff het R4,8 miljard daarmee ingesamel.

’n Jaar gelede het Steinhoff nog 42,7% gehou voordat nog ’n deel van die belang verkoop is.

Steinhoff verkoop die aandele om van sy skuld te delg.

Meer oor:  Steinhoff  |  Allan Gray  |  Jse  |  Mark  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.