Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Alle bedrywighede van SAL gestaak - sakeredders

Alle bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is met onmiddellike ingang gestaak, het die staatsbeheerde lugdiens se sakereddingspraktisyns aangekondig.

’n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat opstyg. Foto ter illustrasie. Foto: Verskaf

Die sakeredders, Lex Matuson & Associates, sê die lugdiens se bedrywighede word opgehef en ’n proses word aan die gang gesit om die lugdiens in veilige bewaring en instandhouding te plaas tot tyd en wyl alle gesprekke oor die finansiering daarvan afgehandel is.

Dit kom nadat die regering die afgelope week voete gesleep het om vorendag te kom met beloofde nuwe finansiering van R10,4 miljard om die SAL te red nadat dit in Desember in sakeredding geplaas is.

Volgens die sakeredders het hulle saam met die regering wel verlede week met sekere finansiers vergader wat bereid is om ’n deel van die nodige geld vir die SAL te voorsien. Maar die sakeredders onderhandel nog verder met die regering oor die oorblywende bedrag wat vereis word om die sakereddingsplan in werking te stel.

Die sakeredders het op ’n vergadering met die regering verlede week ook aangedui hulle het meer tyd nodig om die toepaslike roete vorentoe te bepaal as daar geen finansiering vir die SAL te voorskyn kom nie. Dit is om byvoorbeeld te besluit of die SAL, of van sy bates, verkoop moet word, en of dit gelikwideer moet word.

Die departement van openbare ondernemings het op 18 September nog gesê die regering gaan geld herprioritiseer om die SAL se herstrukturering te finansier.

Bloomberg het later berig bronne binne in die regering meen daar is ’n traagheid by amptenare in die nasionale tesourie om wel dié geld êrens te vind voordat die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober bekend gemaak moet word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het al herhaalde kere gesê daar is nie meer staatsgeld oor om sukkelende staatsondernemings te red nie.

Die departement van openbare ondernemings het in ’n verklaring beklemtoon die regering sal nie toelaat dat die SAL gelikwideer word nie. Die departement het beloof banke sal gevra word om die herstrukturering te finansier, insluitende vrywillige skeidings- en afleggingspakkette aan werknemers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.