Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amerika se Coke hou sy belang in Afrika se Coke
Coca-Cola Beverages Africa se hoofkantoor in Port Elizabeth.Foto: Algoa FM

Die Coca-Cola-maatskappy van Amerika behou vir eers sy meerderheidsbelang in Coca-Cola Beverages Africa (CCBA), het die koeldrankreus vandeesweek in Atlanta aangekondig.

Hy het beklemtoon die besluit om die belang te behou sal nie enige impak op die bestaande plaaslike bedrywighede van CCBA hê nie en dit raak nie enige beloftes wat aan die Suid-Afrikaanse regering gemaak is nie.

Coca-Cola het in Oktober 2017 sy belang in CCBA tot 68% vergroot toe hy $3,15 miljard betaal het vir die biergroep Anheuser-Busch InBev (AB InBev) se 54,5%-belang in CCBA. Dit het gevolg op AB InBev se oorname van die biergroep SABMiller.

As deel van die voorwaardes vir AB InBev se oorname van SABMiller, is SABMiller se koeldrankbedrywighede in Afrika by dié van Coca-Cola en die Gutsche-familie gevoeg om CCBA te vorm.

Coca-Cola se idee in 2017 was dat hy net tydelik die meerderheidsaandeelhouer in CCBA sou wees totdat hy ’n geskikte vennoot vind.

Dit blyk Coca-Cola kon toe nog nie ’n geskikte vennoot vind nie. CCBA was sedert 2017 afsonderlik in Coca-Cola se finansiële state aangegee as ’n bate wat te koop is of as “gestaakte bedrywighede”. Om in te pas by Amerikaanse rekeningkundige standaarde gaan CCBA nou oorskuif na Coca-Cola se voortgesette bedrywighede vanaf sy tweede kwartaal. Dit impliseer hy sal depresiasie en afskrywing vir CCBA by sy boeke insluit. Brian Smith, bedryfshoof van Coca-Cola, sê hulle verwag om vir die 2018-boekjaar vir sowat $400 miljoen se depresiasie en afskrywing voorsiening te maak.

Coca-Cola verwag nie die insluiting van CCBA by sy 2019-syfers sal sy groeivooruitskattings oor omset en verdienste per aandeel raak nie. Hy verwag wel ’n groei van sowat $400 miljoen in kontant uit bedrywighede en ’n toename in kapitaalbesteding van dieselfde bedrag.

Van die mededingingsowerhede se voorwaardes vir Coca-Cola se koop van AB InBev se 54,5%-belang was dat die bemagtigingsbelang in CCBA teen 2021 tot 30% verhoog moet word, dat die hoofkantoor in Suid-Afrika bly, en dat niemand binne drie jaar weens die transaksie afgedank word nie. Die drie jaar kom volgende jaar tot ’n einde.

Meer oor:  Coca-Cola  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.