Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa kondig enorme verlies aan

ArcellorMittal Suid-Afrika se wins het verlede jaar met minstens R6,1 miljard gedaal, wat beteken die groep het ’n verlies van minstens R4,73 miljard gely teenoor 2018 se R1,37 miljard wins.

ArcelorMittal se staalwerke in Vanderbijlpark.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, beskryf die staalvervaardiger 2019 as die “uitdagendste boekjaar sedert die wêreldwye finansiële krisis” van 2007-’09 – vir die wêreldwye staalbedryf, die Suid-Afrikaanse ekonomie én die maatskappy self.

Die groep se wesensverdienste het met minstens R4,3 miljard gedaal tot ’n verlies van minstens R3,3 miljard.

Dié aankondiging het die staalvervaardiger se aandeelprys oombliklik laat tuimel en dit was in ’n stadium tot 6,2% laer vir die dag op R1,52.

Die groep is besig om die laaste stappe te doen van sy herstrukturering, wat die sluiting van Saldanha Staal insluit. Dié proses is in November verlede jaar aangekondig en sal na verwagting teen einde Maart afgehandel wees. Nagenoeg 900 mense word in dié proses afgelê.

Amsa sê die herstrukturering van subkontrakteurs se dienste sal ook teen die einde van die eerste kwartaal afgehandel wees.

Herstrukturering by die staalvervaardigingsaanleg Newcastle Works en van die langstaal-fabrieke in Pretoria en Vereeniging duur voort om dié aanlegte winsgewender te maak.

Daar word nie voorsien dat die fabrieke gesluit gaan word nie. Hulle sal wel voortaan primêr op Suid-Afrika en die res van Afrika fokus.

Amsa se resultate vir die boekjaar tot einde Desember word na verwagting op 6 Februarie bekend gemaak.

Meer oor:  Arcelormittal Sa  |  Amsa  |  Saldanha Staal  |  Staalbedryf  |  Afleggings  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.