Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa loop reeds deur oor swak resultate
Amsa se aanleg in Vanderbijlpark. Foto: Argief

Die staalreus ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aandeelhouers het Woensdag reeds hul misnoeë oor dié maatskappy se finansiële prestasie te kenne gegee.

Amsa se aandeleprys het teen 14:00 met 12,5% tot net 35c per aandeel op die JSE gedaal.

Dit kom nadat die staalreus weer gewaarsku het dat hy verwag om ’n enorme verlies weens die Covid-19-pandemie te ly.

Die maatskappy herhaal Woensdag in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat sy verwagte wesensverlies vir die ses maande tot einde Junie R2 miljard beloop.

Dit is teenoor ’n wesensverlies van R638 miljoen ’n jaar gelede.

Hy het die mark reeds op 16 Julie van die enorme verlies ingelig.

Amsa sê die verwagte wesensverlies per aandeel gaan met tussen 302% tot 322% tot tussen R2,33 en R2,45 styg.

Dit is teenoor die wesensverlies van 58c ’n jaar gelede.

Amsa sê die verwagte verlies vir die ses maande gaan met minstens R1,7 miljard styg. Dit is nadat hy ’n verlies van R644 miljoen vir dié tydperk in 2019 gely het.

Die verlies per aandeel gaan na verwagting met tussen 246% en 266% na tussen R2,04 en R2,16 toeneem. Dit is teenoor die verlies per aandeel van 59c ’n jaar tevore.

Amsa maak Donderdag sy resultate vir die halfjaar tot einde Junie bekend.

Meer oor:  Amsa  |  Arcelormittal Suid-Afrika  |  Resultate  |  Maatskappye  |  Staalbedryf  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.