SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa: Ons sal Saldanha Staal verkoop, maar...

Nie een van die twee aanbiedinge wat die departement van handel, nywerheid en mededinging sê ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) vir Saldanha Staal moet oorweeg, maak kommersieel sin nie.

Saldanha Staal kan nie winsgewend wees in huidige marktoestande nie, glo Amsa.

Só het Amsa Maandag gereageer nadat Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, Sondag in ’n verklaring gesê het: “Ons is bemoedig deur dié vroeë tekens van belangstelling in Saldanha Staal.

Indien Amsa van voorneme is om ondanks ons teenkanting die aanleg te sluit, dring ons daarop aan dat hulle aktief en openlik met voornemende kopers skakel en aan hulle voorwaardes bied wat sal verseker dat die staalwerke oop bly en werk bied aan die plaaslike gemeenskap.”

Amsa het bevestig dat hy die aanbiedinge op 15 November en die tweede op 30 November 2019 ontvang het.

Hy hou egter voet by stuk, dat hoewel hy dit sou oorweeg om die aanleg te verkoop, die kans skraal is dat ’n nuwe eienaar dit volhoubaar sal kan bedryf.

Amsa het op 11 November aangekondig Saldanha Staal gaan gesluit word nadat sy bedrywighede hersien is.

Volgens Patel volg die besluit van Amsa om Saldanha te sluit en 1 000 werkers af te dank ondanks wesenlike pogings van die regering om die maatskappy te ondersteun om werkverliese in al sy bedrywighede te voorkom en met die bedrywighede by die betrokke aanleg voort te gaan.

Amsa sê in ’n e-pos aan Netwerk24 dat hy “deeglik bewus is van die rol wat Saldanha Staal in die Weskus-streek speel, en daarom het die direksie en bestuur van die maatskappy die besluit om bedrywighede af te skaal en in ’n stand van versorging en instandhouding te plaas, met groot oorleg geneem.”

Amsa sê verder: “Die aanleg is erg beïnvloed deur onbekostigbare verhogings in gereguleerde insetkoste, insluitend tariewe vir elektrisiteit, spoorvervoer en hawegeriewe en grondstowwe.

“Die besluit om die aanleg in ’n stand van versorging en instandhouding te plaas, is geneem ná uitgebreide en konstruktiewe besprekings met belangrike belanghebbendes, insluitend die regering, georganiseerde arbeid en sleutelverskaffers. Dit sluit Eskom en Transnet in.

In die afwesigheid van billike en mededingende tariewe sal die lewensvatbaarheid van die Saldanha Staal-bedrywighede waarskynlik nie in die hande van nuwe eienaars verander nie.

“In die afwesigheid van billike en mededingende tariewe sal die lewensvatbaarheid van die Saldanha Staal-bedrywighede waarskynlik nie in die hande van nuwe eienaars verander nie.”

Cobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het die dag waarop die maatskappy oorspronklik die aankondiging gedoen het, reeds gesê hulle kan nie sien hoe ’n ander maatskappy kan regkry wat hulle nie kon regkry nie.

LEES OOK: Amsa: ‘Nie eens ’n wonderwerk sal Saldanha Staal red’

Verster het tóé gesê Amsa het in daardie stadium geen aanbod vir die aanleg ontvang nie.

“Ons bedryf die aanleg uiters effektief en ek glo nie iemand anders gaan dit regkry om in die huidige markomstandighede dit reg te kry om hom winsgewend te bedryf nie.”

Amsa sê Maandag in die e-pos hy het reeds met ’n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge begin wat uitdiensstelling van werknemers betref.

Hy is verder besig met ’n studie om te sien watter van die bedrywighede by Saldanha Staal na sy aanleg in Vanderbijlpark geskuif kan word.

Hy is ook besig om ander vir die terrein en omliggende grond te hersien om die maatskaplik-ekonomiese invloed op die gemeenskap tot die minimum te beperk.

Meer oor:  Arcelor Mittal Sa  |  Amsa  |  Cobus Verster  |  Ebrahim Patel  |  Staalbedryf  |  Afleggings  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.