Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa se hoogoond vir eerste keer af

ArcelorMittal (Amsa), die grootste en oudste staalvervaardiger in Suid-Afrika, het Vrydagmiddag vir die eerste keer in sy bestaan van byna 70 jaar opgehou om staal te vervaardig.

In ’n brief wat Sedick Achmat, hoof van mensehulpbronbestuur by die staalnywerheid aan die 4 500 werknemers van dié staalreus geskryf het, sê hy Covid-19 het daartoe gelei dat die vraag na staal so afgeneem het dat personeel se salarisse vandeesmaand met tussen 40% en 45% besnoei sal moet word.

Dié maatreël sal vir “minstens” drie maande geld.

Die kooks­aanlegte word aan die gang gehou deur kernpersoneellede.

Veiligheidswagte sal die aanleg bewaak.

Alle ander werknemers is huis toe gestuur.

Die hoogoond is Vrydagnag afgeskakel. Mense in Vanderbijlpark het aan Beeld gesê hulle het wakker geword van dié geluid.

’n Woordvoerder van Amsa het Sondag gesê 90% van dié staalnywerheid se verskaffers van grondstowwe en kopers van staal het hul deure gesluit.

Phillip Nothnagel, DA-raadslid van Vanderbijlpark, het gesê die feit dat Amsa se aanleg nou in ’n staat van sorg-en-bewaring is en dat mense nou ’n groot deel van hul inkomste gaan verloor, is slegte nuus vir die Vaaldriehoek.

Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het in ’n brief gesê die salarisvermindering sal voorkom dat mense afgelê word.

  • Amsa se Saldanha-aanleg is in November verlede jaar gesluit. Sowat 1 000 mense het toe hul werk verloor.
Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.