Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa soek nuwe geldbaas

Die staalgroep ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) soek ’n nuwe finansiële hoof.

Desmond Maharaj, die huidige finansiële hoof, het aangedui hy wil bedank om geleenthede buite die maatskappy na te streef, het Amsa Dinsdag aangekondig.

Desmond Maharaj, finansiële hoof van Arcelor-Mittal Suid-Afrika, wat sy bedanking aangekondig het.

Maharaj het ingestem om nie voor einde Julie te loop nie, maar hy wil nie langer as einde September aanbly nie. Dit is om Amsa genoeg tyd te gee om ’n plaasvervanger te soek.

Amsa sê die maatskappy sal interne kandidate, asook kandidate van buite vir die pos oorweeg.

Maharaj het ’n meestersgraad in finansies en is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester. Hy het meer as 17 jaar ervaring op senior vlak in finansies en algemene bestuur.

Maharaj (48) is nog nie lank in die pos nie en is op 1 Oktober 2018 as finansiële hoof en as uitvoerende direkteur in die Amsa-direksie aangestel.

Hy het in die groep se mees onlangse jaarverslag geskryf dat die sakemodel in die eerste helfte van die 2020-boekjaar erg getoets is. Sy staalaanlegte is weens ontwrigtings by Transnet Freight Rail en beurtkrag van Eskom belemmer, wat in die eerste kwartaal alleen tot ’n geraamde verlies van 54 000 ton se produksie gelei het.

Toe verswak die rand skerp teen die dollar. Hoewel ’n swakker rand gewoonlik in Amsa se guns tel, het staalverkope weens die Covid-19-pandemie ineengestort en is geen voordeel uit die swakker rand getrek nie.

Marahaj het geskryf die streng inperking het beteken net die helfte van sy werknemers kon gaan werk, wat produksie belemmer het.

Toe staalvraag in die derde kwartaal begin herstel het, is Amsa deur probleme by sy hoogoond in Newcastle getref. Op die ou einde het die groep ’n verlies van R985 miljoen in verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywing (ebitda) in die eerste halfjaar gely, maar wel ’n positiewe ebitda van R1,022 miljard in die tweede halfjaar behaal.

Volgens Maharaj se verslag was afleggings en die staak van produksie by sy Saldanha-aanleg “absoluut noodsaaklik” vir die maatskappy se oorlewing in 2020.

Meer oor:  Arcelormittal Sa  |  Amsa  |  Desmond Maharaj  |  Staalbedryf  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.