Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa, vakbonde begin dié week praat oor afleggings

Vakbonde begin dié week gesprek voer met ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) oor moontlike werkverliese by dié staalreus.

Amsa het op 10 Julie aangekondig dat hy gaan herstruktureer. Hy het tóé in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gewaarsku dat sowat 2 000 van sy 8 769 werkers hul werk kan verloor.

ArcelorMittal Suid-Afrika se aanleg in Vanderbijlpark, suid van Johannesburg. Foto: Argief

Die vakbond Solidariteit het Maandag aan Netwerk24 bevestig dat gesprekke met die staalreus Dinsdag begin.

Solidariteit se reaksie op die aankondiging is dat Amsa se voorstel “is erger as toe Highveld Steel gesluit is.”

Dié staalvervaardiger het in Februarie 2016 sy laaste 1 741 werkers huis toe gestuur toe hy nie meer kop bo water kon hou nie.

Die vakbond Numsa het ook in ’n verklaring bevestig dat Amsa hom kennis gegee het van sy planne.

Dié vakbond is egter kwaad aangesien die brief wat glo aan hom gestuur is stel dat “dit moeilik is om die presiese aantal werknemers te skat wat uiteindelik deur die voorgestelde herstrukturering beïnvloed gaan word, aangesien dit onderhewig is aan die uitkoms van die konsultasieproses en die oorweging van alternatiewe maatreëls”.

Numsa sê dit blyk egter dat Amsa het reeds voor hy dié brief aan vakbonde gestuur het en vóór onderhandelinge begin het besluit hoeveel werkers geraak gaan word aangesien hy ’n spesifieke getal in sy Sens-verklaring gee.

’n Woordvoerder van Amsa het op 9 Julie by navraag aan Netwerk24 gesê die maatskappy “respekteer die konsultasieproses” en kan daarom nie nou spesifieke inligting verskaf nie.

Amsa maak op 1 Augustus sy halfjaarresultate in Sandton bekend.

Meer inligting wat betref die herstrukturering kan moontlik dan met beleggers en die media gedeel word.

Amsa het reeds gewaarsku sy wesensverdienste gaan in die halfjaar tot einde Junie met R650 miljoen daal tot ’n wesensverlies. Sy nabelaste verlies per aandeel gaan sowat 64c wees.

Meer oor:  Solidariteit  |  Amsa  |  Arcelormittal  |  Numsa  |  Afleggings  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.