Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Anoj Singh se tugverhoor hervat

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet en Eskom, het nie die korrekte prosesse gevolg toe die omstrede kontrak vir 1 064 lokomotiewe onderteken is nie.

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom en Transnet.Foto: Argief

Die lokomotiewe sou Transnet oorspronklik R38,6 miljard kos, maar dié koste het tot R54,5 miljard gestyg.

So het Francis Callard, ’n voormalige ingenieur wat by Transnet gewerk het, Maandag in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) se tugverhoor van Singh getuig.

Die tugverhoor vind plaas in die prokureurs Webber-Wentzel se kantore in Sandton.

Callard het voortgegaan met sy getuienis, wat hy reeds in November 2019 begin het.

Hy het Maandag uiters tegniese punte bespreek oor hoe die verskillende finansiële scenario’s bereken is om die verhoging te regverdig.

Saica het Singh reeds in Junie hangende die tugverhoor geskors.

Saica wou aanvanklik net op Singh se optrede by Eskom fokus. Ná getuienis van Callard en ander voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, waarin dikwels na Singh verwys is, het Saica besluit om sy optrede daar ook by die klagstaat in te sluit.

LEES OOK: Dís Saica se probleem met Anoj Singh, Transnet

Een van die 11 klagte wat Saica teen Singh aanhangig gemaak het handel juis oor die manier waarop Singh te werk gegaan het. Saica wil vasstel of Singh opsetlik ’n wanvoorstelling van die feite aan die direksie van Transnet voorgelê het om die styging in die koste van die lokomotiewe te regverdig.

Singh het Saica reeds voor die tugverhoor in November begin het, ingelig dat hy dit nie sal bywoon nie. Hy het ook besluit om geen regsverteenwoordiger na die tugverhoor te stuur nie.

Adv. Mohammed Chohan SC, voorsitter van die tugkomitee, het beslis dat die tugverhoor sal voortgaan.

Omdat Singh besluit het om nie aan die proses deel te neem nie, is amptelik aanvaar dat hy skuld ontken op al die klagte.

Die tugverhoor sal Dinsdag voortgaan en sal steeds op Singh se gedrag by Transnet fokus.

Meer oor:  Transnet  |  Saica  |  Eskom  |  Anoj Singh  |  Francis Callard  |  Elektrisiteit  |  Spoorweë  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Tenderbedrog  |  Lokomotiewe  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.