Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aquafresh wys dié slag tande vir Colgate

Die voortslepende oorlog tussen die verspreiders van Aquafresh- en Colgate-tandepasta duur voort nadat die hooggeregshof in Pretoria onlangs ’n appèlaansoek van GlaxoSmithKline – die verspreider van Aquafresh – toegestaan het.

Twee tandepastaverskaffers is gewikkel in ’n uitgerekte hofstryd oor ’n sogenaamde valse bewering. Foto: iStock

Die vete tussen Glaxo en sy mededinger Colgate-Palmolive het in Mei 2016 begin toe Colgate ’n klag ingedien het by die Advertensiebeheerraad (ARB) waarin hy Glaxo beskuldig het van vals reklame.

Aquafresh het beweer sy tandepasta bied 24 uur lank beskerming teen suikersuur, en dié bewering is op sy verpakking aangebring.

Colgate het aangevoer dat Glaxo nie sy bewering kon staaf nie en dat hy verbruikers om die bos lei.

Die ABR het aanvanklik in Glaxo se guns beslis, maar het op appèl van Colgate uiteindelik beveel dat Aquafresh se gewraakte bewerings onttrek moet word – iets waaraan nie gehoor gegee is nie.

Pleks daarvan het Glaxo ’n ekstra sin op sy verpakking bygevoeg: “Volg ’n gesonde dieet en borsel twee keer per dag vir beskerming teen tandbederf.”

Colgate het toe weer by die ARB gaan kla.

Die ARB het uiteindelik op 15 Mei verlede jaar beslis dat Glaxo al sy Aqua­fresh-tandepasta met die “valse bewerings” teen 22 Augustus 2018 moes onttrek.

Twee dae later het Colgate by die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen vir ’n interdik om Glaxo te dwing om die ARB se beslissing te gehoorsaam.

Regter Cassim Sardiwalla het Colgate se dringende hofaansoek toegestaan en Glaxo ses maande gegee om plakkers aan te bring op produkte met die gewraakte reklame.

Glaxo het kort daarna aansoek gedoen om verlof tot appèl op grond daarvan dat hy nie in die dringende hofaansoek ’n billike kans gegun is om die meriete van sy saak te stel nie. Die appèlaansoek is in Desember verlede jaar van die hand gewys, en Glaxo is appèlhof toe. Die appèlhof het hom nou gelyk gegee.

Die saak moet dus weer in die hooggeregshof aangehoor word. ’n Datum is nog nie vasgestel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.