Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
As jy dit kan eet, kan jy dit koop, sê die reëls
“Enige kosproduk, waaronder nie-alkoholiese drankies” kan te midde van die staat van inperking verkoop word. Daar is geen bepaling dat dit “nodig” of “gesond” moet wees nie, dus sal jy sjokolade kan aanskaf. Foto: Unsplash

Van Vrydag af sal jy vir 21 dae dalk nie batterye kan koop nie, en jy sal waarskynlik nie ’n moeilike kind met ’n nuwe speelding kan paai nie.

Gloeilampe en benodigdhede vir nutswerk sal waarskynlik ook nie beskikbaar wees nie en dit blyk sedert Donderdagoggend dat dit ook onwettig sal wees om sigarette te verkoop.

Maar jy sal wel sjokolade en enige ander soet versnaperings kan koop. Aartappelskyfies sal te koop wees, asook gaskoeldrank, roomys, biltong, koekies en enigiets anders wat gemaak is om te eet.

Woensdag het die regering ’n swak opgestelde lys gepubliseer van alles wat deur supermarkte en gelisensieerde spazawinkels verkoop mag word tydens die staat van inperking.

Dit sluit ’n paar breë kategorieë in soos “basiese goedere” (wat beslis lugtyd insluit) en “huishoudelike skoonmaakprodukte”. Die lys sluit ook ’n paar spesifieke items in, soos toiletpapier en seep.

Die verkope van enigiets wat nie onder die breë kategorieë of spesifieke items val nie, sal onwettig wees. Sodanige items kan by padblokkades gekonfiskeer word en kragtens die regulasies sal die regering nie aanspreeklik wees vir enige skade wat deur die polisie of weermag aangerig word nie, solank hulle in goeie trou optree.

Regskenners met wie Business Insider gepraat het, stem in die breë saam oor sommige van die items wat as

“basiese goedere” sal kwalifiseer. Enigiets wat regstreeks nodig is vir kindersorg sal volgens hulle kwalifiseer, waaronder doeke.

Maar vetkryt sal moontlik nie kwalifiseer nie, maak nie saak hoe nodig jy dit het om ingeperkte kinders besig te hou nie.

Daar was wel ’n opvallende meningsverskil oor of batterye onder “basiese goedere” val; ’n battery-aangedrewe skeerder kan moontlik noodsaaklik wees vir ’n dokter wat ure lank ’n gesigsmasker moet dra, het een regsgeleerder opgemerk.

Maar oor een ding was daar wel bykans volkome konsensus: Sjokolade is oukei danksy ’n baie duidelike formulering wat insluit “enige kosproduk, waaronder nie-alkoholiese drankies” – sonder enige verdere bepaling dat die kos noodsaaklik, of gesond, moet wees.Business Insider

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Supermarkte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.