Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ascendis wil Efekto, Marltons verkoop

Ná jare se verkrygings het die farmaseutiese maatskappy Ascendis Health sy strategie verander om van sy niekernbates te verkoop.

Thomas Thomsen, uitvoerende hoof van Ascendiis Health.

Sy groot handelsname in Suid-Afrika is Solal en Vitaforce.

Die maatskappy het sy strategie in Maart begin hersien ná die aanstelling van Thomas Thomsen as uitvoerende hoof. Hy het by Karsten Wellner oorgeneem, wat sedert die maatskappy in 2011 gestig is die uitvoerende hoof was.

Die doel van die nuwe strategie is om organiese groei te versnel ná die voltooiing van verskeie plaaslike en internasionale verkrygings, sê die maatskappy.

’n Deel van die nuwe strategie is om sy sportvoedingsprodukte in Suid-Afrika te verkoop. Die maatskappy gaan nou net op sy grootste sportvoedingsproduk, Scitec, fokus.

Ascendis Sports Nutrition, wat vyf handelsname hou, is begin Augustus vir R54 miljoen verkoop. Die handelsname is Evox, SSN, Supashape, Muscle Junkie en Nutrimax.

Ascendis gaan ook vir Avima, Efekto, Marltons en Afrikelp verkoop.

Die groep het ook van plan verander en gaan nie meer sy vervaardigingsaanleg in Wynberg in Johannesburg verkoop nie maar eerder sy aanleg in Isando. Die aanleg is in Junie 2016 verkry toe Akacia Healthcare gekoop is. ’n Transaksie is amper afgehandel om die aanleg te verkoop.

Ascendis is in 2013 genoteer en het sedertdien talle verkrygings gedoen.

In daardie jaar het Ascendis se inkomste in die boekjaar tot einde Junie maar R597,5 miljoen en sy wins R1,6 miljoen beloop.

Vyf jaar later het sy inkomste tot R7,7 miljard en sy wins tot R302,1 miljoen gestyg.

Sy jongste resultate toon dié inkomste is 21% hoër in die afgelope boekjaar tot einde Junie, grootliks weens internasionale verkrygings, insluitende Remedica in Siprus en Sun Wave Pharma in Roemenië.

In Suid-Afrika het sy inkomste met 10% tot R3,99 miljard gestyg ná die verkryging van Cipla Vet en Cipla Agrimed in Junie 2017.

Ascendis het in Maart ’n verkryging gedoen toe die dieregesondheidsmaatskappy Kyron Laboratories gekoop is.

Ascendis het, soos met die halfjaar, ook nie ’n finale dividend verklaar nie. Die direksie het besluit om sy kontant te behou om skuld af te betaal.

’n Finale dividend is ook nie in 2017 verklaar nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.