Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen-aandeel tel kop op ná wilde week
Aspen Pharmacare se hoofkantoor in Durban. Foto: Getty Images

Aspen Pharmacare se aandeelprys het Donderdag vir die eerste keer gelyk of dit weer kop optel.

Die aandeel het 2,33% hoër op R177,27 gesluit.

Dit kom nadat die aandeelprys op vier van die vyf handelsdae tot Woensdag laer gesluit het. Die aandeel is nou net minder as 35% laer as verlede Woensdag.

Die maatskappy het beleggers Woensdag in ’n Sens-verklaring probeer gerusstel oor sy skuldvlakke en resultate, wat verlede Donderdag uitgereik is.

Die maatskappy het onder meer ontken hy het finansiering wat nie op sy balansstaat aangetoon word nie.

Luidens die jaarresultate beloop waarborge aan finansiële instellings R73,5 miljard terwyl sy lenings R46,8 miljard beloop nadat kontant in ag geneem is.

“Aspen het geen finansiering wat van sy balansstaat geneem is nie en alle waarborge aan finansiële instellings is net op volfiliale van toepassing,” het die maatskappy verduidelik.

Blykbaar het beleggers ook vrae gehad oor die vooruitsig vir die inkomstegroei van kommersiële farmaseutiese produkte.

Volgens Aspen is die teiken vir dié produkte organiese groei van tussen 1% en 4% oor die volgende boekjaar. Dit sluit dus groei vanweë verkrygings uit.

Aspen het op dieselde dag as sy resultaat-aankondiging gesê hy het ’n ooreenkoms onderteken om sy internasionale bedrywighede aan die Lactalis-groep te verkoop vir €739,8 miljoen.

Die netto opbrengs hiervan, ná transaksiekoste en verwante belasting, gaan na verwagting €644 miljoen (R11,2 miljard teen ’n wisselkoers van R17,44 per euro) wees.

Die opbrengs gaan gebruik word om Aspen se skuld te verminder.

Meer oor:  Aspen Pharmacare  |  Aandeelprys  |  Resultate  |  Maatskappye  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.