Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen kry R4,4 mjd. uit Japanse transaksie

Die farmaseutiese groep Aspen gaan sowat R4,4 miljard se kontant ontvang vir sy bedrywighede wat in Japan verkoop is.

Aspen delg skuld met die inkomste uit sy Japanse bedrywighede.

Die maatskappy het in November aangekondig ’n ooreenkoms is gesluit om sy bedrywighede in Japan en die verwante handelsname aan Sandoz aan die internasionale groep Novartis te verkoop.

Aspen het Vrydag aangekondig die aanvanklike kontant wat hy gaan ontvang ná belasting en transaksiekoste beloop sowat 270,3 miljoen en dat dit R4,4 miljard is gegrond op ’n wisselkoers van R16,26 teenoor die euro.

In November het Aspen gesê die kontant wat aanvanklik gekry word, sou 300 miljoen beloop.

Latere betalings kan volg indien sekere mylpale bereik word.

In November is gesê dié latere betalings kan 100 miljoen beloop.

Netwerk24 het in November berig Aspen gaan die geld aanwend om sy skuld te delg.

“Die afhandeling van hierdie desinvestering verteenwoordig ’n belangrike stap vir die maatskappy om ’n meer gefokusde onderneming te skep in markte waar daar voldoende skaalekonomieë bereik kan word,” het die maatskappy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.